Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 8 VAN 25

Wie is Jesus? 



Ek hoop jy is gereed om 'n paar aantekeninge te maak terwyl ons delf in wie Jesus werklik is. Kom ons kyk vanuit Johannes die Doper se oogpunt. Wat sê Johannes oor Jesus?



In Johannes 1:27 sê Johannes van Jesus: "Dit is Hy wat ná my kom, wie se skoene ek nie werd is om los te maak nie." Wat beteken dit? In daardie tye was sandale as baie vuil beskou. Soortgelyke sandale word steeds in verskeie lande regoor die wêreld gedra. Voete sou vuil word weens al die stofpaaie en ander elemente. Dit was die algemene gebruik in daardie deel van die wêreld vir bediendes om iemand se voete te was voordat hulle 'n huis binnegaan. 



Johannes sê in wese dat hy in vergelyking met Jesus laer as 'n dienskneg is. Hy voel hy is nie waardig om selfs so 'n nederige taak te verrig nie. Hy erken sy menslikheid en sondigheid in teenstelling met Christus se Goddelikheid. 



Dit is hoe Johannes vir Jesus beskryf het:



  • Johannes sê Jesus is die Lam van God (Johannes 1:29), wat "die sonde van die wêreld wegneem". In Eksodus 12, 2 Korintiërs 5:21, en 1 Korintiërs 5:7, kry jy 'n blik van hoe hulle in die Ou Testament, voor Christus, 'n lam sonder vlekke of gebreke geoffer het, en die bloed daarvan is gebruik om hulself te reinig en vergifnis van sonde te ontvang. Dit was alles 'n voorafskaduwing van wat Jesus Christus eendag sou doen. Christus het gesterf as 'n sondelose Lam en sy bloed is gestort vir die vergifnis van ons sonde. 

  • Johannes beskryf Jesus as Goddelik en wat reeds voor "die skepping van die wêreld" bestaan het (1 Petrus 1:20, Johannes 1:1). 

  • Johannes sê hy het "self ook nie geweet wie Hy is nie" (Johannes 1:31). Wag 'n bietjie. Wat? Dit klink dalk ironies aangesien hulle neefs was, maar Johannes praat nie van Jesus in die menslike sin nie. Johannes “het geweet” wie Jesus was. Hy het Hom in sy menslike gestalte geken en was in sy denke bewus van Jesus as Verlosser. Johannes verduidelik egter dat hy Hom nie regtig as Messias of Verlosser "geken" of ervaar het nie. 

  • Johannes het geweet Jesus is God se uitverkorene (Johannes 1:32-34). God het vir Johannes gestuur en vir hom gesê dat hy sou weet wie die uitverkore Een is omdat die Gees op Hom sou neerdaal. Matteus 3:16 beskryf toe Johannes Hom doop, hoe die Gees van God in die vorm van 'n duif op Jesus neergedaal het.


Nadenke: 



Wie sê jy is Jesus? 



Ken jy Hom werklik, of weet jy net van Hom? 



Hoe sien jy jouself in teenstelling met Christus en wat Hy vir jou gedoen het? 



Gebed:



Vader, baie dankie dat U vir Jesus gestuur het om my sonde volkome weg te neem. Ek sal nooit daardie soort genade, barmhartigheid of liefde verdien nie, maar dankie dat U dit elke dag vrylik vir my gee. Vader, help my om U beter te leer ken. Gee my 'n honger na U en u Woord, en help my om u liefde met ander te deel. 



*Onthou om jou notas in jou Jesus Is … joernaal te skryf. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid