Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 7 VAN 25

Berei die Weg voor



Gister het ons Johannes die Doper ontmoet en verneem dat die Israeliete op die koms van 'n Messias gewag het. Kom ons kyk na wie Johannes werklik is. In Johannes 1:23 beskryf hy homself: “Ek is die een wat in die woestyn roep: Maak die pad vir die Here reguit."



Dieselfde aanhaling is etlike eeue vroeër deur 'n profeet, Jesaja, gemaak. Johannes het in wese aangekondig dat hy hierdie “een wat roep” is. 



Baie profete in die Ou Testament het gepraat van 'n boodskapper wat voor die Messias sal kom. Die doel van hierdie boodskapper was om die pad vir die Messias gereed te maak. Wat presies het Johannes gedoen om die pad voor te berei?




  1. Hy was 'n ooggetuie. In Johannes 1:7-8, staan van hom: "Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig." Hy getuig dan: "Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God" (Johannes 1:34). Johannes het gesien hoe die Gees op Jesus neerdaal en daaroor getuig hy. Hy het dus 'n ooggetuieverslag gegee dat Jesus die Messias is sodat mense sou glo. 

  2. Hy was 'n evangelis wat die goeie nuus versprei het (Lukas 1:16-17). Met verloop van tyd het die Israeliete van God af weggedwaal en hul eie koers gekies. Hulle het nie meer na God gestreef en vir Hom geleef op 'n manier wat vir God welgevallig was nie. Johannes se boodskap sou die mense se harte na God laat teruggekeer.


As jy noukeurig aandag gee aan vandag se gedeelte in Johannes, sal jy besef hy het net een missie gehad: om die weg voor te berei. Hy het nie toegelaat dat ander dinge sy aandag aflei nie, maar was gefokus op sy roeping. Hy het sy doel in die lewe geken en dit sonder verskoning vervul. 



Nadenke: 



Wat is jou doel? 



Leef jy jou Godgegewe doel uit? 



Almal van ons word geroep om die goeie nuus van Christus te versprei om so die weg vir Christus se wederkoms voor te berei. Hoe doen jy dit? 



Gebed:



Vader, dankie vir die goeie nuus van Jesus. Help my om u hoop en u liefde met almal op my pad te deel. Gee my duidelikheid oor my doel en verwyder enige afleiding wat my daarvan weerhou om my doel waarvoor U my geroep het, uit te leef. 



*Onthou om in jou Jesus Is … joernaal na te dink oor vandag se Skrifgedeelte en die vrae te beantwoord om meer te leer oor die karakter van Jesus. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid