Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 2 VAN 25

Jesus Voor Betlehem



Johannes se evangelie het 'n diepgaande beginpunt in vergelyking met die ander drie evangelies. Matteus en Lukas se evangelie begin met geboortes. Markus begin met Jesus se doop. Johannes word egter geïnspireer om deur sy goeie verslaggewing, Jesus se Goddelike aard wat reeds bestaan het, te identifiseer en bekend te stel.



Die eerste drie woorde wat Johannes hier geskryf het is, “in die begin”. Klink hierdie frase bekend? 



“In die begin” is die eerste Hebreeuse woord, bereshith, uit Genesis 1:1. Die Jode sou hierdie klem nie mis nie. Johannes wil nie hê dat iemand die diepe betekenis moet misverstaan wie die vlees en bloed persoon, Jesus Christus, werklik is nie – die Seun van God en die tweede Persoon in die Drie-eenheid. Jesus was by God die Vader voordat die heelal gevorm is. 



Daar was ook dieper insig daarin om Jesus "die Woord was self God" te noem. 



“Woord” in Grieks is logos. In Johannes se tyd het Jode en Grieke verstaan dat logos die verbale uitdrukking is wat 'n persoon se gedagtes en begrip openbaar. Omdat Jesus die oorsprong van alle denke en kommunikasie is, kan 'n mens sê dat Hy "die Woord van woorde" is. In God se wysheid het God die Vader vir Jesus gekies om sy Goddelike uitdrukking te word — die Logos — in die vlees. 



Dink nou na oor God se gedagtegang. Hoekom sou Hy deur sy Seun vlees word? Dink oor hoe Jesus geleef het, sy onderrig en wat Hy opgeoffer het. Staan 'n oomblik af om hieroor na te dink.



Die Woord van God het die persoon van Jesus Christus vir jou en my geword! Hy is die Goddelike uitdrukking. Jesus verwesenlik die wil, hart en denke van God vir die wêreld om te sien. Hoe raak dit jou hart? 



Sonder twyfel is Jesus as “die Woord” ’n ingewikkelde idee om te verstaan – veral omdat die Woord as ’n skerp swaard beskryf word (Efesiërs 6:17 en Hebreërs 4:12). Dit sal absurd wees om te dink ons kan moontlik die volle omvang van hierdie begrippe verstaan. Maar o, hoe het ons die magtige en ontsagwekkende Logos nodig! Die Woord is die genesende chirurg van ons harte en siele. 



Nadenke: 



Wat kan ander in jou lewe sien wat die invloed van die Woord op jou openbaar? 



Gebed: 



Woord van God, dankie dat U Uself aan my openbaar! Ek wil U beter ken en liefhê. Ek wil hê u ontsagwekkende liefde moet my vul en deur my vloei. Dankie dat U na hierdie aarde toe gekom het om vir my die Vader te wys en 'n pad vir my redding te maak. U liefde is onvergelykbaar!



*Onthou om in jou Jesus Is … joernaal jou insigte oor Jesus in vandag se Skrifgedeeltes neer te skryf. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid