Leesplan inligting

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te WordVoorbeeld

7 Days To Becoming A More Generous Person

DAG 7 VAN 7

Die seëninge van 'n vrygewige lewe.


Rentmeesterskap, skenkings en vrygewigheid is nie sinonieme nie. Rentmeesterskap is 'n rol, skenkings is 'n aksie en vrygewigheid is 'n houding. - Dave Briggs


Die bogenoemde aanhaling verduidelik regtig die verhouding tussen rentmeesterskap, skenkings en vrygewigheid. Ons is rentmeesters wat gee met 'n vrygewige gees. Wanneer ons dit doen, sal ons lewens so volgemaak word dat ons nie in staat sal wees om die seëninge te keer nie. Maar om vrygewig te wees om iets daaruit te kry is nooit waaroor dit gaan nie. Ons besluit nie om van ons geld, tyd, of bemoediging te gee om iets daaruit te ontvang nie. Maar 'n mens kan nie die seëninge van God ignoreer wanneer ons ons lewens leef om vir ander 'n seën te wees nie. 


As jy op die internet soek vir hoe vrygewigheid 'n gewer se lewe verander, sal jy oorvloedige studies vind wat wys dat dit beslis voordelig is. Daar is studies wat wys dat om vrygewig te wees 'n mens se bloeddruk verlaag, angs verminder, huwelike beter maak, ons lewens verleng en ons net oor die algemeen gelukkiger maak. (*) Selde word iemand arm of ongelukkig deur vrygewig te leef. Dit werk net nie so nie. 


Miskien is die rede vir 'n gunstige uitkoms van ons donasie, die feit dat ons nie op onsself gefokus is nie. Wanneer ons konsentreer op ons eie kwessies, stryde, en uitdagings, veroorsaak ons innerlik onrus, wat op een of ander manier in ons lewens sal manifesteer. 


Selfs in tye van persoonlike skaarste, kan vrygewigheid teenwoordig wees. Die feit is, dis in tye wanneer ons dink dat ons nie veel het om te gee nie, dat ons groei in ons vrygewigheid, omdat ons kies om te gee. In moeilike tye is dit maklik om professionele ontvangers te word. Kom ons word eerder professionele gewers. Om ons harte te kan sien verander van 'n skaarsheid mentaliteit na 'n oorvloedige mentaliteit, moet ons ons gedagtes van onsself af neem en ander in gedagte hou. Dit is die mees effektiewe manier om vrygewigheid in ons harte te laat groei.


Jesus het gesê: "Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang." Mag ons elke dag wakker word met harte en gedagtes vol dankbaarheid vir wat God in ons lewens gedoen het en in ruil daarvoor op die uitkyk wees vir geleenthede om opofferings te maak tot iemand anders se voordeel. 


Dit is hoe 'n mens vrygewig lewe.


Oordink



  • Beskou jy jouself as 'n vrygewige persoon? 

  • Watter stappe moet jy vandag neem om in staat te wees om 'n lewe van vrygewigheid te lei?


 (*) Bron: https://michaelhyatt.com/habit-of-generosity/ 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Days To Becoming A More Generous Person

Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie lees...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid