Leesplan inligting

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te WordVoorbeeld

7 Days To Becoming A More Generous Person

DAG 5 VAN 7

Vrygewig met ons besittings.


Die wêreld vra: "Wat besit 'n mens?" Christus vra: "Hoe gebruik hy dit?" - Andrew Murray


As navolgers van Christus is een van die dinge wat ons die meeste mislei, die gedagte dat die aarde ons woning is. Dit is nie. Ons is gemaak vir die hemel. Ons almal wil die ewigheid in die hemel deurbring, maar as ons eerlik is, wil ons nie regtig doodgaan om daar te kom nie. Ons versamel dus ondervindings, besittings en geld terwyl ons in ons tydelike woning is, in 'n poging om dit huislik te laat voel. Wanneer ons dit doen is ons hart nie meer toegewyd nie. Dit weerhou ons daarvan om vrygewige lewens te lei. 


In die Bybel het Jesus 39 keer in gelykenisse met die mense gepraat. Elf van hulle was oor geld en besittings - amper een derde van sy gelykenisse. Jesus het duidelik geweet dat dit altyd 'n kwessie sal wees waarmee ons worstel. Die trekkrag van materiële besittings op ons harte is baie sterk. Ons vra God om ons te seën en wanneer Hy dit doen, maak ons daardie seën ons god. En wanneer Christus eendag na die aarde terugkeer, sal elke besitting wat ons het en elke bedrag geld wat ons het outomaties niks werd wees nie.


In die sesde hoofstuk van Matteus word ons vertel om nie skatte op die aarde te versamel nie, maar om eerder skatte in die hemel te versamel. Jesus het gesê dat ons hart sal wees waar ons skat is. Hoeveel tyd van ons lewens vermors ons om aardse besittings na te streef?


Kanse is dat ons almal baie dinge in ons lewens het waarvan ons kan afstand doen. Een in elf Amerikaners betaal meer as $90 (R1327) per maand vir 'n stoorplek. (1) Ons stoor meer dinge as ooit en die stoorplek industrie het toegeneem tot ver in die biljoene dollars. Wat is die oplossing vir ons stryd met materialisme? Vrygewigheid. 


Of ons 'n stoorplek het of nie, ons het baie besittings wat ons met mense in nood kan deel. 



  • Gebruikte klere en skoene

  • Boeke wat ons klaar gelees het

  • Kombuisware

  • Juweliersware

  • Elektroniese ware

  • Ongebruikte meubels

  • Huis dekor 

  • Kos

  • Huishoudelike toestelle

  • 'n Motor


Vandag is 'n goeie dag om te begin om deur ons besittings te gaan met iemand anders in gedagte. Daardie items wat ons dink ons dalk gaan gebruik of dalk gaan dra, kan die antwoord wees op iemand se gebede. Nie alleen sal die verwydering van die opgegaarde goed vir ons vrede gee nie, maar ons het ook die kans om iemand te seën met iets wat net spasie opneem in ons lewens en huise. 


Oordink



  • Neem voorraadopname van jou hart. Besit jy jou besittings of besit jou besittings jou?

  • Vind elke dag, vir die volgende drie weke, vyf dinge wat jy vir iemand anders kan weggee. 


(1) Bron: https://www.curbed.com/2018/3/27/17168088/cheap-storage-warehouse-self-storage-real-estate


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Days To Becoming A More Generous Person

Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie lees...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid