Leesplan inligting

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te WordVoorbeeld

7 Days To Becoming A More Generous Person

DAG 1 VAN 7

Wat beteken dit om vrygewig te wees?


Ons moet meer eenvoudig leef en meer vrygewig gee omdat die hemel ons woning is. Die enkele grootste ding wat ons terughou om meer vrygewig te wees en meer eenvoudig te leef, is die illusie dat hierdie wêreld ons woning is. - Randy Alcorn


Die beginsel van vrygewigheid is dwarsdeur die Skrif verweef. Die feit is, ons het die beste model en mentor as dit by vrygewigheid kom - God. Hy het sy Seun, Jesus, as 'n offer vir ons sonde gestuur sodat ons die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Dit is die hoogste vorm van vrygewigheid. Om te kan leer hoe om meer vrygewig te lewe, moet ons verstaan wat dit beteken.


Die woord vrygewig word gedefinieer as:



  • Gee of deel maklik

  • Gewillig om hulp te verleen

  • Onselfsugtig


Om vrygewig te leef is 'n leefwyse waar ons op ander gefokus is. Dit is nie 'n een-grootte-pas-almal konsep nie en is nie beperk tot die rykes, die talentvolles, die mooies, of die gelukkiges nie. Dit is 'n reis van ons harte om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan van "Wat kry ek?" na "Wat kan ek gee?" Dit laat God toe om 'n vrygewige hart in ons te skep. Baie soos aanbidding, is vrygewigheid die gesindheid van ons harte. 


Psalms 24:1 sê dat "Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here." Ons dink aan onsself as eienaars. En in ons samelewing is dit dalk waar. Ons besit 'n huis, 'n motor, of 'n paar skoene. Maar in God se ekonomie behoort alles aan Hom. Hy is die eienaar en ons is die rentmeesters. En die mense wat goeie rentmeesters is, word dikwels met nog meer vertrou. Dit maak nie saak hoeveel ons het nie; dit maak saak wat ons doen met dit wat vir ons gegee is. Dit is om alles wat ons het te beskou as 'n geskenk van God. En wanneer ons dit doen, verander ons denkwyse van "Dis myne" na "Ek deel graag."


Oor die volgende ses dae van hierdie leesplan, gaan ons ontdek dat om vrygewig te leef baie meer is as net 'n impak op ons persoonlike finansies. Ons sal ook leer hoe ons ons tyd, gawes, talente, woorde en besittings kan skenk om iemand anders se lewe beter te maak. 


Oordink



  • Wanneer laas het jy 'n vrygewige gees teenoor iemand vertoon?

  • Staan nou 'n bietjie tyd af om te ontleed hoe jy die dinge beskou waarmee God jou geseën het. Sien jy dit as gawes van God of as prestasies en besittings wat jy verdien het?

  • Wat is die een hindernis wat in jou pad staan, wat verhoed dat jy meer vrygewig is? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Days To Becoming A More Generous Person

Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie lees...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid