Leesplan inligting

31 Dae Huwelik HerstelVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 4 VAN 31

Die toekoms is 'n vreemdeling, maar as julle twee op die Een fokus wat julle toekoms vashou, hoef julle nie bekommerd te wees oor wat dit kan inhou nie. 



•••



Vrees ... Sjoe ... Vrees is 'n leuenaar, maar so maklik om te glo. Dit is so maklik om paniekerig te raak wanneer jou rekeninge meer as jou inkomste is. Of as 'n geliefde regtig siek is. Of as die motor onklaar raak. Of wanneer ________ (Vul die spasie in). Daar is soveel verskillende omstandighede en situasies wat ons na vrees toe aantrek. Vrees probeer altyd in ons lewens en in ons huwelike kom. Ons dien egter 'n God vir wie ons aandag en energie baie meer werd is as die leuens wat ons probeer lamlê en ons huwelike belemmer. Vandag is die dag om jou bekommernis in lofprysing te verander en God te dank dat jy oor niks bekommerd hoef te wees nie. Dank Hom dat jy Hom letterlik met alles kan vertrou en vir die Satan kan sê dat jy nie sy leuens glo nie. 



As vrees jou vandag probeer gespanne maak, vra jouself af of God daaroor gespanne is, voordat jy toelaat dat dit jou beheer. Hy is nooit gespanne nie, want Hy het reeds 'n plan. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid