Leesplan inligting

Inleiding Tot Die TabernakelstudiesVoorbeeld

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

DAG 9 VAN 10

’N KORT OORSIG VAN EXODUS


Ons moet noukeurig let op die orde van die verhaal opgeteken in Exodus hoofstuk 1-40.


Exodus 1-19: Hierdie deel handel oor die geskiedenis van ’n volk (Israel) in slawerny (in Egipte), die geboorte van ’n leier (Moses), die volk Israel se verlossing uit Egipte en sy reis tot by die berg Sinai.


Exodus 20-24: Hier sien ons die gedetailleerde weergawe van die gebooie, wette en voorskrifte wat God deur Moses aan Israel opgelê het.


Exodus 25-31: ’n Weergawe van die orde van die tabernakel.


Exodus 32-34: Die volk verbreek die wet, Moses bid vir die volk en klim weer op die berg om nogmaals die twee kliptafels te ontvang.


Exodus 35-40: In die betrokke hoofstukke het ons die werklike bou en konstruksie van die tabernakel.


Exodus 1-19 handel dus oor die geskiedenis van Israel terwyl hoofstukke 20-40 oor die wetgewing handel. Die wette kan in drie verskillende kategorieë opgedeel word, te wete die morele wette, siviele wette, en seremoniële wette. Dit is nie ’n Bybelse indeling nie maar help ons om die wette beter te verstaan.


Die morele wette het die individuele lewe van mense beheer en die siviele (burgerlike) wette, het die nasionale lewe van die volk georden, terwyl die seremoniële wette die godsdienstige lewe georden het.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van d...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid