Leesplan inligting

Inleiding Tot Die TabernakelstudiesVoorbeeld

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

DAG 7 VAN 10

DIE TABERNAKEL WAS ’N TIPE


Ons lees in Hebreërs 8:5 en 9:8: “Hulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien. . . dit was ’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd...” Die woord beeld beteken “tipe” of “skaduwee”. So word ons herinner dat die tabernakel maar net ’n skaduwee was van iets groters wat in die toekoms lê (Heb 9:11-14). Die tabernakel in die woestyn was dus ’n beeld, ’n skaduwee, van Hom (Christus) wat sou kom.


Die uitleg van die meublement van die tabernakel was so gerangskik dat dit ’n kruis gevorm het. Die tabernakel spreek dus oorwegend van een ding; ons saligheid in die werk van die persoon van Jesus Christus op die kruis van Golgota. ’n Noukeurige beskouing van die rangskikking van die meublement rakende die tabernakel toon ’n verbysterende waarheid, die hele tabernakel dra die stempel van die kruis. Die voet van die kruis is die plek van lyding en dood – die altaar met die brandoffers. Die hoof of bopunt van die kruis is agter die voorhangsel binne-in die Allerheiligste, die plek van heerlikheid – die Shekinah van ’n afgehandelde werk. Van buite tot binne is ’n reguit weg van saligheid, reiniging, intersessie (gebed) en ’n geskeurde voorhangsel (Heb 10:22), tot binne-in die teenwoordigheid van God die Vader. Aan die regter- en linkerkant van die twee arms van die kruis word twee seëninge gebied – gemeenskap by die tafel (toonbrode), en die getuienis, die lig – die goue kandelaar. Die tabernakel is God se getuienis van die kruis op Golgota


Sonder die tabernakel en sy meublement en die geestelike betekenis daarin vervat en uitgebeeld, sou ons nooit die volle betekenis kon verstaan het nie van die leerstellings van: Verlossing; Versoening; Substitusie; Rekonsiliasie; Geregtigheid; Toegerekende geregtigheid; Gebed; Heiligmaking; Vergifnis en Genade.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van d...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid