Leesplan inligting

Inleiding Tot Die TabernakelstudiesVoorbeeld

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

DAG 4 VAN 10

MOSES OP DIE BERG SINAI


Toe Moses die plan van die tabernakel moes ontvang, het hy eers ses dae lank gewag voordat God na hom geroep het (Ex 24:15-18). Gedurende die veertig dae en nagte op die berg het God die plan van die tabernakel aan Moses gegee. Dit moes stiptelik volgens die plan opgerig word. Ons lees telkemale: “So moet jy dit maak” en dan weer: “So het Moses dit gemaak.” 


Wat het Moses by God op die berg Sinai ontvang? Moses het twee dinge by God ontvang op die berg Sinai. Ten eerste die Wetsverbond, dit is die twee kliptafels met die Tien Gebooie. Ten tweede, die voorbeeld van die tabernakel en al sy meublement en toebehore.



  • Die wet – om aan die mens die geregtigheid en heiligheid van God te toon. Terselfdertyd ook die lelikheid van sonde, sowel as die mens se onvermoë om die wet te onderhou; dit lei tot oordeel en straf.

  • Die tabernakel – om aan die mens God se uitweg vir die skuldige mens aan te stip – ’n uitweg vir die mens wat God se heilige wet verbreek het. Die tabernakel spreek dus van God se genade, vergifnis, kwytskelding, versoening, verlossing en saligheid.


Hierdie twee dinge het Moses by God ontvang, die Wet en die tabernakel. Die een (Wet) veroordeel en oortuig van sonde, sowel as die mens se onvermoë en eie hopeloosheid. Die ander (tabernakel) bied God se oplossing vir sonde aan en hoe om genade, vergifnis en kwytskelding by God te vind.


Ons lees dan ook in hoofstuk 8 en 9 van die boek Hebreërs dat hierdie dinge, die tabernakel en sy toebehore, ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge is (8:5), en dat die heiligdom wat met hande gemaak is, ’n teëbeeld van die ware is (9:24). Al hierdie dinge draai in die eerste plek om die persoon en werk van die Here Jesus Christus. Hy was die liggaam waarvan die tabernakel die skaduwee was. Hy was die heiligdom in wie God onder ons kom woon het. In Hom het die ganse volheid van God liggaamlik gewoon.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van d...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid