Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 8 VAN 8

“Hy bewerk Alle Dinge tot Jou Voordeel”


God is in beheer oor elke area van ons lewens. Hy is ten volle in staat om enige gebeure tot ons as gelowiges se voordeel te bewerk.


“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28


Hy is meer as in staat om selfs die mees gekompliseerde lewensuitdagings te hanteer, en Hy sal ons lei oppad na die vervulling van Sy plan vir ons lewens. Hy wil eenvouding hê dat ons Hom sal vertrou om dit te doen.


“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6


Ons vertoue in God vervang nie persoonlike verantwoordelikheid en goeie rentmeesterskap nie. Persoonlike verantwoordelikheid en vertroue in Hom gaan eerder hand-aan-hand. Wanneer ons ons deel doen, dan is God altyd getrou om Sy deel te doen en om ons effektief te lei.


In baie gevalle kom God se leiding na ons toe in die vorm van “deure” wat in ons omstandighede oop en toe gaan. Ander kere benodig ons omstandighede niks minder as God se goddelike ingryping om heel te maak, ‘n wonderwerk, of om iets the bewerk wat andersins onmoontlik is om te doen.


“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” Matteus 19:29


Of ons nou ‘n ongeneeslike siekte in die oë kyk, ‘n finansiele krisis, of selfs ‘n onverwagte verlies van ‘n geliefde, God is teenwoordig en in staat om op ‘n bo-natuurlike manier te werk gedurende hierdie tye.


God spesialiseer daarin om tragedie om te keer in triomf en moeilikhede in vreugde deur die Heilige Gees. Moet nooit daaraan twyfel dat God steeds vandag in die “wonderwerk besigheid” is nie. God is in staat om in enige onmoontlike situasie in te gryp!

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid