Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 4 VAN 8

“Sy Sending is Persoonlik”


Reeds vanaf die begin van die skepping, was die Heilige Gees teenwoordig en het tussen ons gewoon oor al die geslagte heen.


“Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.” Genesis 1:2


Maar dit was eers nadat Jesus sy werk aan die kruis voltooi het, dat die Heilige Gees se bediening elke gelowige persoonlik en intiem begin raak het. Jesus het sy dissipels reeds voor Sy sterwe vertel dat die Heilige Gees tussen hulle teenwoordig is, maar nog nie in hulle lewe nie.


“Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.” Johannes 14:17-18


Jesus se belofte van troos aan sy dissiples net voor sy dood, was dat Hy steeds geestelik by hulle sal wees deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees in hulle lewens. Jesus se werk in ons lewens het toe begin voortgaan deur die Helige Gees. God gebruik die Heilige Gees in ons om vier dinge te doen:


1. Hy maak verlossing ‘n persoonlike werklikheid.


2. Hy bemagtig jou om as ‘n oorwinnaar te leef.


3. Hy help jou groei deur jou Christelike karakter te bou.


4. Hy bewerk alle dinge tot ons voordeel.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid