Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 6 VAN 8

“Hy Bemagtig Jou om as ‘n Oorwinnaar te Leef”


Sonder die regte gereedskap vir die werk, kan selfs die eenvoudigste take oorweldigend wees. Byvoorbeeld, dit is maklik om ‘n skroef te verwyder met ‘n elektriese skroewedraaier, maar moeilik en uitputtend sonder een.


Een van God se nommer een prioriteite is om vir ons die regte gereedskap in die lewe te voorsien. Of dit nou wysheid is om groot besluite te neem, of die wilskrag om ‘n slegte gewoonte te breek, of selfs meer geloof en vertroue om ‘n onmoontlike situasie met selfvertroue aan te pak, God is getrou daarin om ons toe te rus met dit wat ons nodig het om ‘n vervulde en geseënde lewe te leef.


“Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” Jesaja 40:30-31


Deur ons hoop in Hom te sit, gee vir ons toegang tot ‘n onbeperkte gereedskapkas waaruit ons toegerus word vir enige uitdaging wat ons in die gesig staar. Wanneer ons bemagtig word van bo, kan ons as oorwinnaars leef!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid