Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 2 VAN 8

“God het na Jou toe gekom”


Die belofte van ewige lewe is die resultaat daarvan dat God na ons toe gekom het, eerder as dat mense probeer het om God te soek en Hom uiteindelik in een of ander veraf-geleë plek gevind het.


Reeds sedert die begin van tyd, het God elkeen van ons met ‘n onvoorwaardelike en ewige liefde liefgehad. Sy oorspronklike bedoeling was om ‘n sterk en lewende verhouding met elkeen van ons te hê. Toe Adam en Eva egter aan God ongehoorsaam was in die Tuin, het hulle sonde ‘n hindernis tussen ons en God geskep. Ons was vir ewig van God verwyderd.


In plaas daarvan om toe te laat dat ons vir altyd van Hom verwyderd bly, het God ‘n perfekte plan in plek gesit wat gedryf is deur Sy oneindige liefde en genade vir ons. Die doel van sy plan is om selfs die mees intieme aspekte van Sy verhouding met die mensdom te herstel tot ‘n toestand soos wat dit was voordat Adam en Eva gesondig het.


Meer as 2,000 jaar terug, het God Sy Seun na die aarde toe gestuur om die hindernis wat deur sonde veroorsaak is te verwyder, en om verlossing vir almal moontlik te maak.


“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” Johannes 3:16-17


Deur Sy dood en opstanding, het Jesus in ons plek ten volle betaal vir die straf van sonde, en het Hy die hindernis tussen ons en God weggeneem. Hierdie vergifnis is inderdaad beskikbaar vir almal wat Hom as hulle Verlosser ontvang.


Maar dit was net die begin. Voordat Jesus sy tyd op aarde voltooi het om uiteindelik by Sy Vader in die Hemel aan te sluit, het Hy vir sy dissipels ‘n ander belangrike element van God se breër plan verduidelik, naamlik om die mensdom terug te bring na Hom toe:


“In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Johannes 14:2-3


God het nie net vir Jesus gestuur om die hindernis van sonde te verwyder nie, maar om eendag in die toekoms terug te keer om alle gelowiges “huis toe” te neem om vir altyd saam met Hom te wees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid