Leesplan inligting

Bid Moedige DingeVoorbeeld

Pray Big Things

DAG 7 VAN 7

Om Volgens die Woord van God te Bid Het Buitengewone Krag


Ek was huiwerig om oor gebed te skryf. Baie ander geskrifte handel oor teologiese teorieë van die geestelike dissipline van gebed en ander verhale van negentiende-eeuse predikers wat ou wêreldse gebedsdissiplines beoefen wat ons dalk moet oorweeg om weer in die een en twintigste eeu toe te pas. Ek het nie juis baie om daaroor te sê nie. Wat ek wel weet, in my tydperk om vir groot dinge te bid, het ek 'n krag ontsluit waarvan ek nooit tevore geweet het nie en dit het my lewe, my gesin en my wêreld vir altyd verander.



As ek terugkyk, was die belangrikste verandering wat ek gemaak het, om God op sy Woord te neem. Ek het die belofte van Jakobus 4:2-3 opgeëis wat sê: "Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie." Dan herinner ek God aan sy belofte in Efesiërs 3:20-21 wat ons vertel dat God oneindig meer kan doen as wat ons kan bid of dink. 



God beantwoord gebede wat in ooreenstemming met sy wil is. Die beste manier om te weet wat God se wil is, is deur die Skrif te lees. Deur gedeeltes direk uit die Skrif in ons gebede aan te haal, bring ons woorde in pas met God se volmaakte wil wat 'n nuwe krag agter elke versoek plaas. Ons het 'n onverganklike erfenis en 'n onoorwinlike krag wat die Satan hoop ons nooit sal gebruik nie, maar hy sit in afwagting en wag, reg om op ons los te brand. Hierdie krag is meer fantasties as Pandora se boks en vol meer avonture as Narnia se klerekas. hierdie krag is jou lotsbestemming wat wag om opgeëis te word.



Ons bou intimiteit met Jesus deur ons probleme, ons twyfel en die stryd wat voel of dit ons hele bestaan bedreig, na Hom te bring. Ons kry dit reg deur te kies om nooit moed te verloor nie. Ons word elke dag wakker, ons oë gevestig op Jesus, met die vasberadenheid van "God kan my maar tref, maar ek het geen ander hoop nie" (Job 13:15 NLV). Daar is 'n geweldige oorlog om te wen, maar totdat daardie dag aanbreek, sal God ons die krag gee om elke geveg te wen wat daartoe lei. Moeilike tye herinner ons dat hierdie wêreld nie ons speelplek is nie, maar 'n oorlogsveld wat vereis dat ons vir groot dinge moet bid. Ons is nie alleen nie. As gevolg van Christus, het ons selfs te midde van 'n nederlaag, die krag om te volhard in gebed en aan te hou om vir groot dinge te bid.






Vader, leer my om volgens u Woord te bid, om my wil in pas met U wil te bring, en om nooit op te hou om die Een ware God te aanbid met my hele hart, siel en verstand nie. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Pray Big Things

Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedi...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://juliajsadler.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid