Leesplan inligting

Bid Moedige DingeVoorbeeld

Pray Big Things

DAG 6 VAN 7

Wanneer Beantwoorde Gebede Baie Anders Lyk As Wat Ons Verwag Het


Die geboorte van ons drie kinders was 'n wonderwerk. Nogtans het hulle vroeggeboortes ons in onsekerheid gedompel aangaande hulle gesondheid, my gesondheid, en selfs ons lewens. Vir die eerste drie maande het ons hulle sien veg vir hulle lewens, net soos ek oortuig is, dat duisende vir hulle in gebed geveg het.



Ek het gevoel asof ek in een of ander vreemde, alternatiewe heelal geleef het, 'n tydsgleuf met die wêreld daarbuite net 'n vae herinnering en my nuwe realiteit was om na my babas se hartklop te luister wat besig was om weg te kwyn, om te kyk hoe verpleegsters instorm om hulle by te bring, en elke aand saam met Ryan te bid dat ons sou wakker word om steeds drie lewende babas te hê. Die neonatale intensiewe sorgeenheid verander jou. Om te sien hoe pasgebore babas van een tot een en 'n half kilogram sukkel om asem te haal, is 'n teistering. Wat 'n nederige prentjie van Jakobus 4:15, "As die Here wil, sal ons lewe ..."



Tog was God baie getrou om my voor te berei. Kort na my eerste trimester verby is, het ek op Google na moeders met drielinge gesoek. Die verhale was ongelooflik hartverskeurend. Ek was verskrik, Ryan was nie tuis nie, en ek het gevoel ek gaan 'n senu-instorting kry. Ek het besluit om weereens na God te gaan met my vrae en oorweldigende emosies. Toe hoor ek so helder soos daglig: Hierdie is nie jou kinders nie.



Ek het in trane uitgebars. God het aangehou om my te bedien met sy Woord om my te herinner dat Hy liewer vir Blair, Barrett en Blake is as wat ek ooit kan wees, en dat daar niemand is wat sy planne kan laat skeefloop as Hy eers 'n besluit geneem het nie (Job 42: 2 DB). Ek was nog nooit in beheer nie, ek was steeds nie in beheer nie, en uiteindelik wil ek nie in beheer wees nie — want God is die Een wat weet wat moet gebeur. Hy het ook belowe om my by te staan met elke tree wat ek gee.



Hierdie les het my gehelp deur die langste ure en donkerste nagte: om my valse sin van beheer oor te gee in die getroue, liefdevolle hande van die Een wat nie sy eie kinders sal teleurstel of verlaat nie. My klein gesinnetjie was veilig, omdat God ons in sy hand gehou het. Matteus 16:25 sê: "want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry." Deur beheer te verloor, het my gehelp om my geloof te vind. Die vryheid wat God ons gee deur te leer om aan Hom oor te gee, voorsien ons van die vrede wat ons nodig het om groot dinge te bid.






Het jy Christus se uitnodiging aanvaar om deel te word van iets groter as jouself? Bely die vrees wat jy koester om die beheer wat jy dink jy het, oor te gee.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Pray Big Things

Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedi...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://juliajsadler.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid