Leesplan inligting

Ervaar God se VernuwingVoorbeeld

Experiencing God's Renewal

DAG 4 VAN 5

1 Korintiërs 6: 19-20 gee vir ons 'n vriendelike herinnering van die belangrikheid daarvan om nie net die binnekant te hernu nie, maar ook wat aan die buitekant is. Dink vir 'n oomblik daaroor. Ons liggame is tempels van die Heilige Gees en moet as sodanig behandel word. Wil jy jou kerkgebou verwaarloos of afgeleef laat lyk? Natuurlik nie! As daar herstelwerk vir jou kerk nodig sou wees, sou jy jou kerk opknap, sodat dit as 'n helder baken van Christus se liefde in jou gemeenskap staan. Moet ons dus nie ons liggame op dieselfde manier behandel en hulle voortdurend vernuwe, sodat hulle God se doel vir ons lewens kan uitvoer nie? Op watter maniere moet jy jou liggaam vernuwe? Vernuwing kan vir almal anders lyk. Vir sommige is dit dalk die behoefte aan 'n bietjie meer oefening of 'n beter dieet. Dit kan die behoefte aan fisiese genesing wees. Vir ander kan dit wees om God toe te laat om jou te vernuwe van 'n vorige seksuele sonde. Vind uit waar jy vernuwing nodig het vir jou liggaam en laat toe dat God Sy genesing in jou lewe bewerkstellig.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Experiencing God's Renewal

Om 'n nuwe skepping in Christus te wees, beteken dat ons voortdurend deur Hom hernu word. God hernu ons harte, verstand en liggaam. Hy hernu selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dae Leesplan gaan jy dieper delf in wat God...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid