Leesplan inligting

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAG 7 VAN 7

“Gemeenskap met Christene"


Om aanmoediging, liefde en sterkte aan ander gelowiges te gee, is een van ons grootste prioriteite. Die feit is dat ons mekaar nodig het. Dit is hoe God dit beplan het. God wil nie hê dat enigeen “op hulle eie stoom” aangaan nie.


Die waarheid is dat die bou van verhoudings met ander Christene belangrik is vir ons eie groei. God laat dikwels “goddelike afsprake” doelbewus gebeur, sodat ons teenoor mekaar kan getuig en mekaar kan aanmoedig, soos nét ons dit kan doen.


Die beginsel van krag in getalle is selfs op Christene van toepassing, en om sterk verhoudings met mede-gelowiges te hê, help ons om te groei tydens ons reis saam met God!


God se plan was om die plaaslike gemeente te vestig deur jou verbinding met ander gelowiges. Raak betrokke en geniet die voordele van om seëninge te gee, en ontvang van jou mede broers en susters in Christus! 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om ...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid