Leesplan inligting

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAG 1 VAN 7

“Die Goue Reël”


Of dit nou ‘n politikus is, ‘n besigheidsleier, ‘n motiveringspreker, of net ‘n alledaagse persoon, mense uit alle vlakke van die lewe  maak soms melding van die deugde van die Goue Reël. Die feit is dat bykans almal al daarvan gehoor het en die betekenis daarvan ken.


Die meeste mense sal saamstem dat “doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê” ‘n noodsaaklike deel van die samelewing is. In baie gevalle is dit die kern wat ons kultuur, families en vriendskappe bymekaar hou. Die Goue Reël demonstreer die waarde daarvan om ander te dien, om goedhartigheid te versprei en om mense in nood te help. 


Jesus was die outeur van die Goue Reël, wat een van die sleutelprioriteite is vir ‘n suksesvolle Christelike lewe.


As Christene, is elkeen van ons deur God geroep om ons geloof na ‘n vlak te neem wat verder strek as net om in God te glo. Sy begeerte is dat elkeen van ons ons geloof in aksie moet sit deur ander se lewens aan te raak, en so God te verheerlik, deur sy liefde en genade aan hulle te bewys. Dit is hoe om waarlik te lewe volgens die Goue Reël.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om ...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid