Leesplan inligting

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAG 6 VAN 7

“Dien Ander”


Die definisie van diens is net dit: om beskikbaar te wees om iemand se behoeftes te beantwoord. Dit mag ons tyd vra, talente, hulpbronne en moeite; maar diens wat spruit uit liefde vir God en ander, kan een van die lewe se mees vreugdevolle en belonende ervarings wees.


Om die behoeftes van ander te beantwoord kan op baie verskillende maniere gebeur en kan ewe veel fokus op die behoeftes van Christene en ongelowiges. Daar is altyd geleenthede om te dien in die plaaslike gemeente, óf individueel, óf as deel van ‘n span. Jy HET iets ongeloofliks kosbaar om te bied!


Daar is ook geleenthede wat opkom uit persoonlike kontak met mense, of om maar net iemand se behoefte raak te sien, en om ongevraagde hulp te verleen.


Enige manier waarop jy gee, of dit nou tyd, hulpbronne, talente of maar net ‘n woord van aanmoediging is, is ‘n aksie van diens. Maar God verstaan ook dat ons ‘n beperkte kapasiteit het in dit wat ons kan bied, dus verwag Hy van ons om verantwoordelikheid en goeie rentmeesterskap te toon wanneer ons onsself verbind.


God wil graag hê dat ons onsself met blymoedigheid sal gee. Vir sommige van ons is dit soms moeilik om nee te sê, en dan kan ons onsself ooreis; dit kan ons uiteindelik beroof van die blymoedigheid en vreugde waarmee God wil hê dat ons moet dien.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om ...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid