Leesplan inligting

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!Voorbeeld

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

DAG 4 VAN 7

“Versprei Liefde na Ander”


Terwyl ‘n lewende en groeiende liefde vir God in ons lewens aan die werk is, sal ons hoeveelheid liefde vir ander mense ook groei. Soos wat ons liefde vir ander al meer groei, sal ons behoefte om daardie liefde te demonstreer, ook groei, en so sal ons dus een van die belangrikste doele waarvoor God ons geskape het, vervul – om goed te doen aan ander.


Dit was nog altyd deel van God se plan dat ons liefde vergesel met dade word. Elkeen van ons het ‘n plek in God se meesterplan om die lewens van ander aan te raak met goeie dade.


Elke keer as ons die lewe van iemand anders aanraak met ‘n sagte woord, ‘n spesifieke behoefte beantwoord, of selfs net daarop fokus om na iemand te luister wat seergekry het, druk ons nie net óns liefde uit nie, maar veral God se liefde vir hulle deur ons. Op hierdie manier word ons  sleutelagente wat God se heerlikheid helder laat skyn, in die wêreld wat gevul is met donkerte en hopeloosheid.


Om ons lig te laat skyn beteken om regtig toe te laat dat God se lig deur ons skyn. Daar is drie belangrike maniere om God se heerlikheid na ander te laat skyn:


1. Deur ‘n effektiewe getuie te wees;


2. Deur ander te dien;


3. Deur gemeenskap met Christene.


Deur ons geloof op hierdie drie maniere in aksie te laat oorgaan, stel ons ander in staat om God se liefde,  genade en omgee te ervaar; alles tot Sy eer.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om ...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid