Leesplan inligting

Dade van BekeringVoorbeeld

Acts of Repentance

DAG 4 VAN 5

Het jy al ooit verdwaal? Dit is uiters frustrerend om nie te weet watter pad die regte een is nie. Inteendeel, dit kan soms skrikwekkend wees. In vers 25 vergelyk Petrus ons met skape omdat ons afgedwaal en verlore is terwyl ons in sonde leef. Ons het nie geweet waarheen om te gaan nie, maar na ons bekering van sonde en God ons vergewe het, is ons terug by die kudde met God as ons Herder. Waar dwaal jy gereeld af? Moontlik probeer jy op God se pad bly, maar jy word verwar deur die afdraai paaie van sekere sondes in jou lewe. Bely daardie sonde voor God. Bekeer jou en vra God vir hulp om dit totaal te bowe te kom.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Acts of Repentance

Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid