Leesplan inligting

HuwelikskrisisVoorbeeld

Marriage Crisis

DAG 5 VAN 6

Drie Mense om te Vind Wanneer Jy deur 'n Huwelikskrisis Gaan



Ek het nog nooit 'n verloofde paartjie ontmoet wat verwag het om enige vorm van huwelikstrauma te ervaar nie. Hul nuwe, onbeproefde liefde sê vir hulle dat hulle nie soos ander paartjies sal wees nie, maar dat hul liefde op een of ander manier sal voortduur. Die waarheid is dat alle paartjies op een of ander tydstip probleme in die huwelik sal ondervind.



Wat doen jy wanneer jou lewe skielik tot stilstand kom, omdat jou belangrikste aardse verhouding in die gedrang is? As getroude paartjies, wat Christus volg, moet ons God soek, tyd met sy Woord deurbring en bid vir genesing in ons huwelike. Gelukkig gebruik God ook mense om ons die weg te wys. Wanneer jy 'n huwelikskrisis ondervind, is daar drie soorte mense om op te soek:



1. Mense met Bybelse grondbeginsels. Dit verwys na beraders en vriende. Wanneer 'n krisis in ons huwelik ontstaan, het die samelewing gewoonlik sy eie ideale en "waarhede". Wanneer ons in 'n dilemma is, moet ons onsself omring met mense wat die Bybel liefhet en goed ken. Intieme klein selgroepe is 'n uitstekende plek om te begin.



2. Mense wat ten gunste van jou huwelik is. Dit is maklik om na ondersteunende vriende te luister wat van jou hou, jou kant kies, en jou gelukkig wil sien, maar jy het vriende nodig wat wil sien dat jou huwelik 'n sukses is. Vriende wat bereid is om die waarheid te praat, al is dit nie wat ons wil hoor nie.



3. 'n Christen egpaar wat al probleme in hul huwelik ondervind het. Een van die beste dinge wat ons gedurende dié tyd kan doen, is om 'n paartjie te vind wat deur dié stryd gewerk het, en ondanks 'n krisis bymekaar gebly het. Hulle bied hoop bloot deur hul teenwoordigheid in ons lewens.



Ons God spesialiseer daarin om die lewe terug te plaas in lewelose dinge — en dit sluit jou huwelik in. Vertrou Hom. Hy is die enigste Een wat jou nooit in die steek sal laat nie.



-Cindy


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Marriage Crisis

Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwe...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid