Leesplan inligting

HuwelikskrisisVoorbeeld

Marriage Crisis

DAG 1 VAN 6

Die Verhoudingsberading Wat Ons Almal Nodig Het



As jy jouself tans in 'n huwelikskrisis bevind, is jy nie alleen nie. Gedurende die volgende paar dae sal ons gevalle van regte mense deel, wat verslawing, buite-egtelike verhoudings en gebrokenheid oorkom het. Hulle deel dit wat hulle in hul moeilike ervarings geleer het en gee praktiese wenke hoe om situasies wat onmoontlik lyk, te hanteer. Eerstens, wat as jy egter probeer om 'n huwelikskrisis te voorkom? Hier is algemene raad oor verhoudingsberading, waarby iemand in 'n huwelik baat kan vind. 



Sou dit nie wonderlik wees as ons klasse soos "Menslike Vaardighede" en "Hoe om te Begroot" gehad het nie? Van al dié klasse, dink ek, sou nie een so belangrik wees soos 'n verhoudingsberadingsklas nie. Hoekom? Omdat ons almal tekortkominge in ons kennis van verhoudings het. Ons is goed daarin om sekere situasies te beheer … maar verlore as dit by ander kom. As "Verhoudings 101" 'n regte klas was wat ons kon bywoon, is daar 'n paar basiese beginsels wat ons sou leer.



4 van die Beste Wenke vir Verhoudingsberading vir Almal



1. Ons het almal foute. En ons trou met mense wat foute het. Ek was ook vasgevang in onwerklike standaarde vir die huwelik, wat ek nie kon uitvoer nie. Die spanning wat ontwikkel het, het verwoesting in ons huis veroorsaak. Dit was nodig dat ek sommer baie genade van God moes ontvang, sodat ek weer baie van God se genade met my man kon deel. Om God se genade te deel, is waarskynlik die belangrikste bestanddeel in enige verhouding.



2. Fokus op dit wat prysenswaardig is. Dit is so maklik om eerder op wat verkeerd is te fokus. Die Woord van God sê egter in Filippense 4:8 dat ons moet konsentreer op dit wat rein en mooi en prysenswaardig is. As ons op enige ander manier leef, word die oorvloedige lewe wat God vir ons inhou, belemmer. Dit verg dissipline om jou aandag te fokus op wat goed is, maar dit is 'n seën vir jou verhouding en jou siel om hierdie waardevolle les te leer.



3. Goeie verhoudings verg moeite, tyd en toewyding. Ons het nie ons ouers gekies nie, ons word groot in stede wat ons nie gekies het nie, en lewe in 'n tyd in die geskiedenis wat ons nie gekies het nie. God kan egter ons verhoudings gebruik om van ons beter mense te maak — as ons bereid is om tyd en moeite daarin te sit. Ons kan nie ander verander nie, maar ons kan kies om 'n genadige en vergewensgesinde hart te hê. 



4. Die grootste hiervan is die liefde. Die liefde is geduldig en vriendelik. Dit is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belange nie. Liefde verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 1 Korintiërs 13 word dikwels voorgehou as die standaard optrede wat ons moet bereik. Dit is egter 'n pragtige beeld hoe lief Christus ons het. Wanneer ons sy liefde vir ons verstaan ​​en aanvaar, sal dit oorspoel in ons verhoudings. 1 Korintiërs 13 is die beste "verhoudingsadviseur" vir diegene wat dit nodig het. 



Dis glad nie 'n slegte leerplan nie, nѐ? Niemand gradueer eintlik van die “Verhoudings 101” klas nie. Ons sal ons hele lewe gebruik om meer van hierdie onderwerp te leer. Die lewe vra ons om kennis na te speur. 'n Wyse lewe is goed gevestig en diep gewortel in verhoudings van liefde!



—Roxanne 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Marriage Crisis

Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwe...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid