Leesplan inligting

HuwelikskrisisVoorbeeld

Marriage Crisis

DAG 3 VAN 6

Pornografie Kan Huwelike Verwoes, Maar Daar Is Hoop



Die huwelik is harde werk, maar soos jy seker weet, maak pornografie dit nog moeiliker. As jy vasgevang is in 'n siklus van pornografie, en jy wil ophou, is daar hoop. Jesus het nie die mag van die dood verslaan om toe te laat dat seksuele verslawing huwelike vernietig nie! Jesus kan jou vernuwe—en so ook jou huwelik.



Hier is vyf gedragspatrone van mense wat vry is van pornografie:



Gedrag # 1: Besluit dat jy wil ophou. Oswald Chambers sê ons moet 'n "volkome en effektiewe besluit oor sonde neem." Met ander woorde, jy moet besluit dat jy regtig wil ophou. Die krag van ons volkome en effektiewe, daaglikse, uitgesproke besluite kan nie onderskat word nie.



Gedrag # 2: Visualiseer "later." Dit is die moeite werd om die vraag te vra: "Wat is die ergste ding wat met my kan gebeur as ek nie verander nie?" Byvoorbeeld, "Wat as my vrou my vang dat ek na pornografie kyk?" Of stel jou die toekoms voor as 'n pa wat aan pornografie verslaaf is, "Wat as my dogter my vang dat ek na pornografie kyk?" Om "later" te visualiseer, los nie die probleem op nie, maar dit kan jou motiveer om die nodige stappe te doen om van pornografie af weg te beweeg.



Gedrag # 3: Wees brutaal eerlik met mense. Die gedagte om jou seksuele stryd uit die verlede met enigiemand te deel, lyk dalk skrikwekkend. Inderwaarheid wil jou geestelike vyand eintlik niks meer hê as dat jy aanhou glo dat jy dit "onder beheer het nie." Die waarheid is, dat jy sal aanhou misluk, tensy jy 'n span getroue vriende vra om jou op jou pad na genesing te vergesel. Soek een man of vrou wat jou adviseur sal word, aan wie jy verantwoording kan doen. Hierdie persoon is iemand wat God liefhet en jou verstaan.



Gedrag # 4: Maak die oop deure toe.



Wat gebruik jy om toegang tot die pornografie te kry? Watter toestel jy ook al gebruik, sal heeltemal verwyder moet word, of as jy om een ​​of ander rede toegang moet behou, gebruik 'n diens om 'n verslag van jou internetgebruik aan jou vertroueling te stuur.



Gedrag # 5: Bid.



As jy veg om pornografie te staak, weet jy dit is 'n oorlog. Wanneer jy kies om teen jou pornografieverslawing te veg, sal dit terugveg. Stel jou die gebede van soldate, wat na die slagveld gaan, voor. Hulle bid vir beskerming, krag en oorlewing. Beskryf dit jou gebedslewe? Bid asof die oorwinning op hande is. Want in Christus het jy oorwinning.



Pornografie kan huwelike verwoes, maar daar is hoop. As jy saamstem dat die lewe sonder pornografie 'n beter lewe is en jy die eerste stap wil doen in die rigting van 'n lewe sonder pornografie, moet jy nie nog 'n dag wag nie! Jy kan vandag kies om jou eerste stap te doen om 'n lewe sonder pornografie te leef.



—Chris


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Marriage Crisis

Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwe...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid