Leesplan inligting

HuwelikskrisisVoorbeeld

Marriage Crisis

DAG 2 VAN 6

Het Een Van Julle 'n Buite-egtelike Verhouding Gehad? Julle Kan Dit Oorkom



Ek onthou die dag nog goed toe ek agtergekom het dat my man 'n buite-egtelike verhouding het. Die daaropvolgende dae was gevul met verwarring, hartseer, gebed en berading. Hoe kan ek, 'n terapeut, in hierdie situasie wees? Wat het ek misgekyk? Was daar tekens van probleme wat ek misgekyk het? Een vraag het egter al die ander oortref. Wat doen jy as jy agterkom dat jou huweliksmaat 'n buite-egtelike verhouding gehad het?



Daar is nie 'n eenvoudige oplossing nie, maar daar is hoop. Hoop op 'n God wat genees. Hoop dat jou huwelik met baie harde werk, baie gebede en meningsvolle gesprekke, herstel kan word. Volgens my ervaring, het die paartjies wat dit oorkom het, drie stappe gevolg.



Drie Stappe Tot Genesing Na 'n Buite-egtelike Verhouding:



1. Maak 'n Eerlike Evaluering

Die belangrikste besluit om te neem is of die huwelik die moeite werd is om voor te veg. As jy bedrieg is, sal jy meer as net berou van jou huweliksmaat moet sien. Jy sal tekens moet sien dat hy of sy van hul ou weë af weggedraai het — na wat God vir hulle wil hê. Dit is hoe jy sal weet dat julle saam kan voortgaan na genesing in die huwelik. 



Ek wens ek kon sê dat dit altyd gebeur. Soms gebeur dit egter nie. Jy kan nogtans seker wees dat God jou as enkellopende ook op 'n pad na genesing sal lei. Of jy en jou huweliksmaat saam vorentoe gaan of nie, moenie uitstel om na die volgende stap op hierdie lys te gaan nie.



2. Kry Hulp

Jy moet iemand kry om mee te gesels. Gaan na jou adviseur, pastoor, terapeut of berader. As julle albei bereid is om vir julle huwelik te veg, vind iemand vir wie julle albei vertrou en gemaklik mee voel. Dit is belangrik dat jul albei gemaklik voel om 'n veilige omgewing te skep waarin julle met eerlikheid en kwesbaarheid kan kommunikeer.



3. Koester Die Proses Van Vergifnis

Baie huweliksmaats wat verhoudings het, sal pyn, skaamte en verleentheid ervaar. Dit is belangrik om die emosies te verwerk, maar nie vir altyd aan hulle vas te hou nie. 'n Deel van die genesingsproses behels om aan te beweeg na waar julle kan kommunikeer, kwesbaar wees en vertrou. As jy 'n verhouding gehad het, vra God om vergifnis, vra jou huweliksmaat om vergifnis, en veral, vergewe jouself.



As jy bedrieg is, het jy ook 'n pad van vergifnis om te loop. As volgelinge van Christus moet ons leer om mekaar te vergewe, ongeag hoe diep seergemaak ons is. Wanneer ons kies om te vergewe, word ons genees, eer ons Christus en word ons verander in 'n nuwe persoon.



Is dit enigsins maklik? Nee. Ek is so dankbaar dat ek en my man die harde gewerk gedoen het. My huwelik is soveel anders as voorheen. Ek kan getuig dat diegene met wie ek gewerk het, en 'n nuwe begin moes maak na 'n vernietigende einde aan hul huwelik, dit ook reggekry het. Ons is 'n groep mense wat kan getuig dat jy met God se hulp 'n buite-egtelike verhouding kan oorkom.



—Jenna 


 
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Marriage Crisis

Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwe...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid