Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens wat Christene Glo: Deel 3 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

DAG 1 VAN 3

Dit kom vir ons natuurlik om "in onsself te glo"



Om die waarheid te sê, ons word van 'n vroeë ouderdom af al geleer dat dit goed vir ons selfvertroue is. Tog is ons geskep om in Iemand groter as onsself te glo. 



Ten diepste is ons geloof in onsself eintlik ons begeerte om in beheer te wees. Indien jy probeer om 'n lewe te lei deur in jouself te glo, sal jy vasgevang word deur moedeloosheid, vrees, angstigheid en bekommernis. Die druk wat ons ervaar om in alle omstandighede in beheer te wees, sal jou daartoe dryf om mettertyd deur die swaarkry van die lewe disnis geslaan te word. Om in hierdie wêreld te leef, kan jou platslaan, maar dit kan nie vir God van sy troon afskuif nie. 



Jy is nie geskep om in jouself te glo nie, want jy is nie geskep om in beheer te wees nie. Jy is geskep om in Iemand anders te glo. Jy is geskep om Iemand anders te vertrou om in beheer te wees. Dit is wat geloof in werklikheid is — om die Een te vertrou wat as Koning op die troon sit. 



Om so te lewe, gee wonderlike vrede. Dit neem alle druk van jou af en plaas dit op die Een wat dit kan hanteer. Wat so wonderlik is om in God te glo en Hom met jou lewe te vertrou, is dat Hy nie worstel met dieselfde dinge as ek en jy nie. Hy is nooit gespanne, beangs of bekommerd nie. Hy is in beheer van alle dinge, het 'n plan en doel daarmee en is sterk genoeg om dit te hanteer. Ons sal misluk, maar Hy sal nooit nie. Ons maak foute, maar nie Hy nie. Ons sal dinge verbrou, maar nie Hy nie. Hy is betroubaar. Hy het Homself al herhaaldelik bewys. Om in Hom te glo beteken egter ons moet dinge laat vaar. Om dit te laat vaar beteken ons het nie meer 'n houvas daarop nie. Wat jou "dit" ook al is, die tyd het aangebreek dat jy "dit" laat vaar en in God se hande plaas. 



Geloof tree in, die oomblik wanneer jy iets laat vaar. 



Vrae om oor na te dink: 



Watter dele van jou lewe probeer jy beheer?



Watter een ding — net een — kan jy hierdie week aan God oorgee?



Die waarheid: 



Jy is nie geskep om "in jouself te glo" nie. Jy is geskep om in Iemand groter as jyself te glo.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid