Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 2 van 3Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

DAG 1 VAN 3

Ons almal het dit al gesê, of ten minste gedink: "Dit is onmoontlik vir Jesus om te verstaan waardeur ek nou gaan." 



Hierdie gedagte kom dikwels by ons op as gevolg van liggaamlike lyding, om alleen te voel of as jy dink jy is die enigste een wat al met 'n spesifieke versoeking, beproewing of konflik moes worstel. 



Toe die Seun van God tweeduisend jaar gelede na die aarde gekom het, was Hy ten volle God, maar ook ten volle mens. Hierdie werklikheid het al die ervarings meegebring van wat dit beteken om mens te wees — die goeie, die slegte en die aaklige. 



Die waarheid is eintlik: as daar enigeen is wat kan verstaan waardeur jy gaan, is dit Jesus. Daar is baie voorbeelde hiervan, maar kom ons kyk na twee:



Jesus het geweet hoe dit was om verraai te word 



Ongelukkig het Jesus die pyn van verraad goed geken. Hy is nie net verraai deur godsdienstige leiers wat op Hom jaloers was weens die skare wat Hom gevolg het nie, maar Hy is ook verraai deur hulle wat die naaste aan Hom was. Sy eie gesin is 'n voorbeeld hiervan! Een van sy beste vriende, Petrus, het Hom verraai deur te ontken dat hy vir Jesus ken. Uiteindelik het een van die twaalf Hom vir dertig silwerstukke verkoop.



Jesus het geweet hoe dit was om hartseer te wees 



Jesus het geweet hoe dit was om hartseer, droefheid en smart te ervaar. By 'n paar geleenthede in die evangelies het Jesus gehuil; eerstens oor die toestand van Jerusalem: "Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil" (Lukas 19:41), en tweedens weens sy droefheid met die dood van 'n geliefde vriend: "Jesus het gehuil" (Johannes 11:35).



Vrae om oor na te dink: 



Hoe het hierdie voorbeelde van hoe Jesus met jou lewenservaringe kan identifiseer, jou siening van Hom verander of bevestig? 



Die waarheid: 



Dit is doodeenvoudig: Jesus weet hoe dit is om as mens te lewe. Hy het honger geword. Hy was dors. Hy het geslaap. Hy het dinge geleer. Hy het gegroei. Hy het liefgehad. Hy was bly. Hy was kwaad. Hy was by tye ontsteld. Hy het gebid. Hy het geloof beoefen. Hy het die Skrif gelees. Dit het Hom seergemaak om iemand siek te sien. Hy het in die teenwoordigheid van die dood gehuil. Soos die ou lied: Wat 'n vriend het ons in Jesus sê: "Jesus voel met al ons swakheid." 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid