Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

DAG 3 VAN 3

Wel, _____________ sal nooit verander nie. 



Een van die grootste leuens wat die duiwel gebruik om Jesus se volgelinge te ontmoedig is dat "____________ nooit sal verander nie." Wie se naam kan jy hier invul? Dit is baie waarskynlik iemand vir wie jy lief is en baie voor omgee. Miskien is die persoon 'n kind, 'n kleinkind, 'n ouer, 'n broer of suster of 'n goeie vriend. Jy het moed verloor, want jy dink die persoon sal nooit verander nie. 



Die persoon wie se naam jy ingevul het kan ook iemand wees wat jou bloed laat kook. Hy is aaklig. Hy geniet dit om sonde te doen en op die oog af lyk dit of hy ook nie enigsins omgee hoe dit ander beïnvloed nie. Jy het al moontlik uit frustrasie sy dade as regtig boos beskryf. Hierdie persoon kan moontlik 'n vorige huweliksmaat wees, 'n oneerlike baas, 'n iesegrimmige buurman of selfs 'n wêreldleier wat allerlei probleme skep vir die landsburgers wat hy veronderstel is om te dien. Dis maklik om na sulke mense se optrede te kyk en dan te sê daar is geen hoop dat hulle sal verander nie. 



Of die persoon iemand is wat jy liefhet, iemand teenoor wie jy kwade gevoelens het of iemand wat al hierdie emosies in jou wakker maak, indien jy glo dat die persoon nooit sal verander nie, is dit tyd vir jou om te verander. Jy moet besef dat jy 'n leuen glo. Jy plaas die klem op die verkeerde plek, jy fokus op die onmoontlike persoon in plaas van die God van die onmoontlike. Verstaan jy dat die vraag nie is "Wie is dit?" nie, maar eintlik "Wie vertrou ek?" God is sy skepper. Hy het hom nog steeds lief en Hy het die krag om hom te verander. Niemand is te ver heen nie. Daar is geen mens wat buite bereik van God se vergifnis en herskeppende genade is nie. 



Vrae om oor na te dink: 



Watter naam het jy ingevul? Wees eerlik — was daar 'n tyd toe jy geglo het dat God nie die persoon kan verander nie?



Ruim tyd in om selfondersoek te doen. Wil jy regtig hê hierdie persoon moet verander? Sal hy weer in jou lewe welkom wees indien hy verander? Raak op hierdie oomblik stil en bid vir die persoon wie se naam jy ingevul het. 



Die waarheid: 



Niks is vir God onmoontlik nie. Hy het die mag om mense te verander sodat hulle die lewe kan begin lei wat Hy vir hulle begeer. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid