Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

DAG 1 VAN 3

God wil net hê ek moet gelukkig wees. 



Is geluk werklik die beste ding in die wêreld? Stellings soos: "Gelukkige vrou, gelukkige lewe" en "Die hoofdoel van die lewe is die strewe na geluk" is so lank as wat ek kan onthou bekende frases in ons samelewing. Is dit egter wat God se hoof prioriteit vir ons lewens is — om net gelukkig te wees? 



Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek is nie teen geluk gekant nie. Ek hou baie van gesonde geluk. Waarvan ek praat, is die wêreld se definisie van geluk, of wat nou ter sprake is, ons eie siening oor geluk. Die wêreld se siening oor geluk, is direk aan omstandighede gekoppel. Indien ons omstandighede gunstig is, dan is ons gelukkig. Indien nie, is ons ongelukkig. 



Die feit is egter dat ons omstandighede gedurig verander. Daar is baie van ons wat toelaat dat hierdie veranderlike omstandighede ons geluk bepaal. Dit is 'n geweldige gevaarlike situasie wanneer uiterlike kragte ons innerlike gevoelens beheer. 



Wil God meer vir ons gee as om net gelukkig te wees? Die wonderlike antwoord vir daardie vraag is: JA! God se begeerte is dat ek en jy VREUGDE sal ervaar — daardie gevestigde toestand van tevredenheid, vertroue en hoop wat jy ervaar, slegs wanneer jy op Hom vertrou. 



Hierdie pragtige waarheid is net nog 'n aanduiding waarom vreugde waarlik veel beter as geluk is. Vreugde hang nie af van uiterlike omstandighede nie, maar van Christus wat in gelowiges woon. Indien die Gees van Christus altyd in my is en my nooit sal verlaat nie, sal vreugde my ook nooit verlaat nie. Ongeag waardeur ek gaan, kan ek vreugde hê omdat my God by my is. Goeie dae — vreugde. Moeilike dae — vreugde. Lyding — vreugde. Wanneer alles goed gaan — vreugde. Wanneer alles skeef loop — vreugde. My vreugde bly omdat Christus by my bly. 



Vrae om oor na te dink: 



Wat is die verskille tussen die wêreld se definisie van geluk en die Bybel se definisie van vreugde? 



Op watter spesifieke tyd in jou lewe het jou omstandighede jou geluk bepaal? Hoe sou dit jou gehelp het as jy gedurende daardie tyd eerder op vreugde gefokus het? 



Die waarheid: 



Die wêreld se definisie van geluk word dikwels deur omstandighede bepaal, maar die Bybelse vreugde word gebou op 'n Persoon met die naam Jesus. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid