Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

DAG 2 VAN 3

Ek sal nooit daardie persoon kan vergewe nie! 



Vir baie mense is dit tweede natuur om nie maklik te vergewe nie (en om eerlik te wees, ook nie wil vergewe nie). Ons hou daarvan om verbitterd te bly, want ons dink as ons die mense vergewe wat ons seergemaak het, is dit asof ons hul dade goedpraat. Ons sê daarmee wat hulle gedoen het reg is. Dit is egter glad nie waar nie. God is die regter en Hy sal die gepaste regspraak lewer. Bitterheid, onvergewensgesindheid en griewe doen meer skade aan die een wat dit koester. Wanneer ons vergewe, sê ons in der waarheid: jy kan my nie vernietig of langer pootjie nie omdat my God my genees het. Hy is baie beter as bitterheid.



Die meeste van ons onvergewensgesindheid en bitterheid ontstaan as gevolg van kleinlikhede. Sommige verhale sluit regte slagoffers in. In sulke gevalle kan vergifnis slegs van God af kom en verg dit God-geïnspireerde vergifnis.



Die Skrif leer ons, dat as ons ontvangers van God se genade wil wees, ons ook genade aan ander moet betoon. Jesus gee die uitdaging dat as ons nie ander vergewe nie, dit dalk 'n bewys kan wees dat ons nog nooit self God se vergifnis ontvang het nie. Hy leer ons dat die mees praktiese manier om aan die wêreld te bewys dat ons vergifnis in ons eie lewens verstaan, is deur te wys dat ons weet hoe om te vergewe. 



Om te vergewe is nie maklik nie. Uit ons eie is vergifnis eintlik onmoontlik. Tog is die goeie nuus dat ons 'n God het wat juis die onmoontlike moontlik maak. "Niks is vir God onmoontlik nie" (Lukas 1:37). 



Ten beste is vergifnis 'n daad van geloof in 'n God wat kan en wil doen wat ons nie op ons eie kan doen nie. 



In der waarheid is bitterheid, onvergewensgesindheid en woede 'n baie swaar en ellendige las om te dra. Kies eerder vergifnis omdat jou groot God verkies het om jou te vergewe. 



Vrae om oor na te dink: 



Dink aan iemand wat jou seergemaak het. Het jy die persoon vergewe? Voel jy dat vergifnis op hierdie stadium onbereikbaar is? Indien wel, hoekom sê jy so? 



Maak 'n lysie van die dinge waarvoor God jou vergewe het. Aangesien jy die genade van God se vergifnis ontvang het, aan wie moet jy vandag genade en vergifnis skenk? 



Die waarheid: 



As ek 'n ontvanger van vergifnis gaan wees, moet ek 'n gewer van vergifnis wees. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 1 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid