Leesplan inligting

Tempels In Die Heilige SkrifVoorbeeld

Tempels In Die Heilige Skrif

DAG 4 VAN 4

DIE TEMPEL VAN DIE MESSIASRYK


Hierdie nuwe tempel sal ná die koms van die ware Messias in Jerusalem gebou word (Eségiël, hoofstukke 40-44). 


Dit is die vierde tempel. Dit sal die aanbiddingsplek vir die herstelde volk van Israel in die vrederyk van Christus wees.


Die profeet Eségiël beskryf die ontwerp van ’n letterlike tempel wat gedurende die duisendjarige vrederyk van Christus (Op 20:1-3), die Millennium-tydperk, op die aarde in die stad Jerusalem sal wees.


Die Millennium-tempel sal in die vrederyk die doel hê as ’n terugverwysing na die offer van die Messias as die Lam van God wat vir die sondes van die hele wêreld geoffer is (Heb 10:5-12). Die grondplan van die tempel neem die vorm van ’n kruis aan waarop daar sewe verwysingspunte is waar die voorwerpe vir die tempeldiens geplaas word. 


Die een lyn begin by die buitenste poort, wat simbolies op Jesus dui. Hy is die poort deur wie ons toegang tot die heiligdom en die genadetroon van God verkry. Die volgende punt op die lyn is die brandofferaltaar, wat na die offer van Jesus heenwys. Daarna is daar die koperwaskom, waarin bloed en water gemeng is – die bewys van die volbragte werk of offer van Christus. Steeds op dieselfde reguit lyn kom ons in die tempel by die reukofferaltaar uit, wat na die gebed in die Naam van Jesus verwys. Deur gebed kry ons toegang tot die geskeurde voorhangsel, toegang tot die genadetroon. Die ander lyn wat oor hierdie lyn sny om ’n kruis te vorm, strek van die goue kandelaar tot die tafel met die toonbrode. Die brandende kandelaar verwys na Jesus as die lig van die wêreld en die brode na Jesus en sy Woord as die brood van die lewe.


Volgens Eségiël 43:6-12 het die Here al die detail gegee sodat die Jode kan fokus op die heiligheid van God en dit hulle tot ’n hartsverandering kan bring. Die aanbidding is gebaseer op die Levitiese orde kragtens die Mosaïese Wet.


In hierdie beskrywing van die vrederyk-tempel verseker die profeet Eségiël die volk dat die Here sy Verbondsbeloftes sal hou en dat hulle eendag weer die heerlikheid van God se teenwoordigheid onder hulle as ’n volk sal hê.


Ander profete het ook so ’n woord van bemoediging vir die volk gehad (Jes 2:1-5; 60:1-13; Jer 33:18; Joël 3:18; Miga 4:2; Haggai 2:7-9; Sag 6:12-15; 14:16-21; Eség 37:24-28). Amen.


Vir meer inligting en studies oor die boeke van die Bybel, besoek Raymond Lombard Ministries 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tempels In Die Heilige Skrif

Deur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem, die stad van die lewende God! Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van di...

More

Ons wil graag Raymond D. Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid