Leesplan inligting

Tempels In Die Heilige SkrifVoorbeeld

Tempels In Die Heilige Skrif

DAG 1 VAN 4

DIE TEMPEL VAN SALOMO


Die tempel van Salomo staan ook as “die eerste tempel”  bekend.


Die Skrifte verskaf baie detail rakende die bou van die tempel deur koning Salomo in 1 Konings, hoofstukke 5-8, en 2 Kronieke, hoofstukke 3-7. Die basiese struktuur van die tempel was dieselfde as die tabernakel van Moses, behalwe dat dit op ’n skaal twee keer so groot was. Die Here het deur sy Gees die voorbeeld en plan aan koning Dawid gegee wat hy aan sy seun Salomo oorgedra het (1 Kron 28-29).


Dit het sewe jaar geduur om die tempel te voltooi (1 Kon 6: 37-38), en die ark van die Verbond is in die Heilige der Heilige geplaas – nie ’n nuwe ark nie, maar dieselfde een wat in die tabernakel van Moses was.


Sommige van die prominentste aspekte rondom die tempel van Salomo was:



  • Die tempel van die Here was gebou in Jerusalem, die stad van die lewende God.

  • Die tempel was gebou op die berg Moria, waar Abraham vir Isak geoffer het (Gen 22).

  • Die tempel was gebou op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, in Jerusalem op die berg Moria (2 Kron 3:1). Lees ook 2 Samuel 24 en 1 Kronieke 21.

  • Die tempel was gebou uit klippe wat kant en klaar voorberei was uit die klipgroef en toe na die tempelgebied gebring is (1 Kon 6:7).

  • Die tempel was gebou uit sederhout en sipresplanke wat met goud oorgetrek was (1 Kon 6).

  • Die tempel se meublement het dieselfde voorbeeld gevolg as die tabernakel wat Moses laat bou het.

  • Die tempel was gebou vir die Naam van die Here, net soos in die geval van die tabernakel van Moses (1 Kon 8:18, 29, 41-43).

  • Die tempel was aan die Here toegewy deur bloedofferandes (1 Kon 8).

  • Die tempel was geheilig deur die teenwoordigheid en heerlikheid van die Here, net soos in die geval van die tabernakel van Moses (1 Kon 8:9-11; Eks 40:33-35).

  • Die tempel het die ark van die Verbond gehuisves in die Allerheiligste, en in die ark was niks anders as net die twee kliptafels wat Moses van God ontvang het nie (1 Kon 8:9).


Vierhonderd jaar later is hierdie tempel verwoes en tot in die grond afgebreek deur koning Nebukadnésar, koning van Babel. Die Here God het dit toegelaat omdat die volk Israel afgodery en gruwels daarin bedrywe het (Eség 8-10; Jer 7:1-14; 2 Kon 25:8-17).

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tempels In Die Heilige Skrif

Deur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem, die stad van die lewende God! Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van di...

More

Ons wil graag Raymond D. Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid