Leesplan inligting

Tempels In Die Heilige SkrifVoorbeeld

Tempels In Die Heilige Skrif

DAG 2 VAN 4

DIE TEMPEL VAN HERODES


Inderwaarheid is met die herbouing van die tempel, aan die einde van die 70 jaar Babiloniese ballingskap deur Serubbábel, begin (Esra 1:3; 3:12-13; 4:1-24; Hag 2:15-19; Sag 6:12-15; Mal 3:1). 


Hierdie herboude tempel is in die daaropvolgende byna 400 jaar gedurig deur die konings van die noorde (Sirië) en die konings van die suide (Egipte) geplunder. In die laaste eeu voor Christus is die tempel deur koning Herodes herbou, om die Jode se guns te wen. Hy het 46 jaar daaraan gebou en dit verfraai (Joh 2:20).


Dit is dan ook hierdie tempel wat gestaan het in die tyd van Jesus Christus se omwandelinge toe Hy op die aarde was. Hierdie tempel staan dan ook as “die tweede tempel” bekend.


Jesus Christus het in sy bediening van drie-en-’n-half jaar dan ook van hierdie tempel gespreek as “die huis van My Vader” (Joh 2:16-20; Matt 21:12-15). Hierdeur het Jesus steeds aan die Ou Verbond erkenning gegee ten spyte van die skynheilige toestand van die tempeldiens in daardie tyd.


Hierdie tempel is in 70 n.C. verwoes deur die Romeinse soldate onder Titus. Dit was ’n vervulling van Jesus Christus se profesie (Matt 23:38; 24:1-2; Luk 19:41-46).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tempels In Die Heilige Skrif

Deur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem, die stad van die lewende God! Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van di...

More

Ons wil graag Raymond D. Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid