Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 7 VAN 7

Om God Na Te Jaag



Waarheen is jy op pad?



Dit maak nie op enige gegewe oomblik saak waarheen jy op pad is nie, maar dit help as jy 'n bestemming in gedagte het. 



Die probleem met die wêreld om ons is egter dat ons gebombardeer word met dinge wat ons behoort te doen. Ons behoort roem, aanvaarding en al die ander dinge na te jaag. Met soveel bestemmings wat op ons pad is, is dit geen verrassing hoeveel van ons stom agtergelaat word nie, soekend na rigting in die lewe.  



As ons in staat was om net na een bestemming op 'n slag te gaan, wat sou daardie bestemming wees?



Hebreërs 12:1-3 maak dit duidelik. Ons moet net ons oë op Jesus rig. Wanneer ons na Hom toe hardloop, vind ons nie net vir Hom nie, maar alles wat ons nodig het. Hy het die prys vir ons sondes betaal. Hy verseker ons van die ewige lewe. Hy sorg elke dag vir ons. Hy verander ons om die mense te word wat Hy ons geskep het om te wees.



Hoe hardloop jy egter na Christus toe? Jy doen wat Hy gedoen het. 



Gebed: Wanneer Jesus nodig gehad het om te herlaai, na dae se gepreek voor skares, het Hy na God, sy Vader, gesoek. Toe Hy in die tuin van Getsemane so benoud was, het Hy na God, sy Vader, uitgeroep. Gebed hou ons in verbinding met Christus.



Mense. Ons is geskape om in 'n verhouding met ander mense te lewe. Jesus het Homself omring met mense en hulle regdeur sy tyd hier op aarde uitgedaag en aangemoedig in hulle geloof. Jy sal waarskynlik ook dít najaag waarna die mense met wie jy die meeste tyd deurbring, jaag. Bring dus ook tyd saam met mense deur wat vir God najaag.



Dien. Jesus het aarde toe gekom om te dien — Hy het self so gesê. Hy het dit op groot en klein maniere gedoen en Hy het sy bediening afgesluit met die hoogste diens — om sy lewe vir ons op te offer. Wanneer ons die mense om ons dien, jaag ons God na deur te doen wat Jesus gedoen het. 



Vas. Of Jesus Homself van voedsel in die woestyn ontneem het, of van tyd saam met mense wanneer Hy weggegaan het om stilte en afsondering te soek, het Hy, die Seun van God, geweet dat selfs Hy ook nodig gehad het om Homself tydelik van dinge in sy lewe te ontneem om vir God na te jaag. Waarvan kan jy jou soms ontneem om vir God na te jaag?



Die Woord. Jesus het die voortou hiermee geneem — Johannes 1 sê dat Christus letterlik die woord van God in 'n menslike vorm is. Een van die beste maniere om Christus te leer ken, is om gereeld tyd deur te bring om sy Woord te lees, te bepeins en om na te dink oor God se riglyne vir ons in die Bybel.



Neem aksie. Watter van die bogenoemde sal jy gebruik om aksie in jou lewe te neem? Hoe sal jy begin? Wie sal jy daarvan vertel?



Meer oor hoe om God na te jaag. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid