Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 6 VAN 7

Die Najaag van Gemak



Of ons nou gespanne, seergemaak, moeg, eensaam, of net verveeld is, ons almal wil van tyd tot tyd gemak najaag. Wie het nie al te veel bestee, geëet, gedrink, of geslaap nie — en die vermoë oorskat van dinge wat vir ons blywende gemak moet verskaf nie?



Die woord “gemak” het sy eie ingewikkelde geskiedenis. Dit kom van die twee Latynse woordgedeeltes, com-, wat "saam met" beteken en fortis, wat "sterk of sterkte" beteken. Later het die Latynse woord confortare, die betekenis “om baie te versterk” gekry. Uiteindelik het ‘n ou Franse woord, conforter, woorde soos “troos” en “hulp” by die definisie gevoeg. In die 14de eeu was nog ‘n Franse woord, conforten, gedefinieer as “opbeur, vertroos”. Uiteindelik, teen die 17de eeu, het die Engelse weergawe van die woord die gevoel van fisieke gemak begin impliseer soos ons dit vandag verstaan. 



Hoekom maak dit saak? Oor ongeveer ‘n millennium, het die woord “gemak” se betekenis van “tesame-sterk” na “pyn-versperring” verander.



Sien jy God as jou sterkte, saam met jou te midde van pyn, of as jou versperring teen pyn? 



Die profeet Jesaja het geprofeteer van 'n Messias wat na die wêreld sou kom om vir ons oortredings gewond te word en om vir ons genesing te ly. As die werklike aard van ons geloof is om in Jesus se voetspore te volg, kom ons oordink dan sy reaksie op pyn. In 1 Petrus 2:21-25 sien ons 'n Verlosser wat sy pyn in stilte aanvaar, ten spyte daarvan dat Hy niks gedoen het om dit te verdien nie. Jesus vermy nie pyn of soek vir 'n uitkomkans nie; Hy kom na ons wêreld en maak ons pyn Syne.



Jesus is tesame-sterk. Dan, voordat Hy teruggaan om by die Vader te wees, belowe Hy ons dat die Heilige Gees — 'n "Trooster" — nie net by ons sal wees nie, maar in ons! Dit is die moeite werd om na te jaag. 



Laat ons dus nie die wêreld se weergawe van gemak najaag nie — vergrype aan Netflix-reekse saam met ons getroue vriende Ben & Jerry. Kom ons jaag in plaas daarvan, die vertroosting van die Heilige Gees na, wetende dat dit nie 'n pynvrye lewe beteken nie, maar troos te midde van ons pyn. 



Gebed: Vader God, ek hou nie van ongemak nie, maar ek het U lief. Verander asseblief my begrip van u gemak en help my om dit werklik te voel. Heilige Gees, wys my hoe U "tesame-sterk" met my en in my is. Jesus, dankie dat U my skande aan die kruis gedra het. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid