Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 4 VAN 7

Die Najaag Van Volmaaktheid



“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is” (Matteus 5:48).



Geen probleem nie, né? Jy is net veronderstel om volmaak te wees – soos die heilige, regverdige God van die ganse heelal volmaak is.



Geen problem nie, né?



Nee, nie eintlik nie.



As jy jouself volmaak sou maak, waar sal jy begin? God is volmaak omdat daar geen sonde of onreg in Hom is nie. Ons praat nie hier van die wêreld se idee van volmaaktheid nie – volmaakte klere, huis, eggenoot. Dit waarvan ons praat is soveel meer. Jy behoort sondeloos te wees. Geen leuens, gevloek, ongeduld met jou kinders nie, of die “leen” van jou vriend se Netflix wagwoord nie.



Veronderstel jy sê: “Sekerlik. Ek kan dit doen.” Daarby doen jy dit. Jy verander jou gedrag. Jy hou by die spoedgrens. Jy gee vir die armes. Jy betaal self vir Netflix. Jy doen dit vir dae, dan weke, maande, jare.



Nog steeds sal jy nie volmaak wees nie.



Jy sien, daar is die klein kwessie van die sonde wat jy alreeds gedoen het. Soos Jakobus 2:10 sê: "As iemand die hele wet onderhou maar in een opsig struikel, is hy skuldig aan al die gebooie."



Hoe lyk die pad vorentoe?



In Matteus 19 wou ‘n ryk jongman beter wees. Hy het Jesus gevra wat hy moes doen om die ewige lewe te verkry. Jesus het vir hom gesê om die belangrike gebooie te gehoorsaam. Die jongman het gesê dat hy al die gebooie nagekom het. Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop al jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My” (Matteus 19:21). Vervolgens lees ons: "Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad" (Matteus 19:22).



Jesus het nie vir die jongman gesê dat dit ‘n twee-stap plan was om volmaak te word nie. Een: Gehoorsaam eers die gebooie, en Twee: Gee dan al jou besittings weg. Jesus het gesê dat die pad na volmaaktheid begin deur ontslae te raak van wat jou daarvan mag weerhou om Hom te volg.



Volmaak, regtig? Hoe kan enigeen volmaak wees? Dit is nie die wêreld se soort volmaaktheid nie. Dit is soveel beter. Wanneer jy kies om Christus te volg, bedek Hy jou sondes en gebreke met sy dood aan die kruis. In God se oë word jy dan net so volmaak soos Christus self.



Gebed: Vader God, dankie vir die volmaakte offer van u Seun. Help my om alles prys te gee wat my daarvan weerhou om Christus te volg. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid