Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 5 VAN 7

Die Najaag van Sukses



Wat Bybelse konings betref, het nie een soveel bereik soos Salomo nie. Israel het onder sy bewind gefloreer. Hy het toesig gehou oor die konstruksie van God se tempel. Hy het ook vir homself 'n koninklike paleis gebou. Heersers het lang afstande gereis om sy rykdom te aanskou, en geskenke van goud en juwele saamgebring. Hy kon enige vraag wat aan hom gestel was, beantwoord. Hy het sy keuse van vroue gehad. Hy was geseën met elke goeie ding waarvoor 'n mens in 'n leeftyd kon wens.



As enigiemand tevrede moes wees met wat hulle in hul lewens bereik het, moes dit Salomo wees. Tog, in Prediker skilder Salomo 'n ander prentjie. Hy sê letterlik: "Ek het alles gehaat waarmee ek my in hierdie wêreld met soveel sorg besig gehou het ..." (Prediker 2:18a). Hy verduidelik: "... want ek moet dit nalaat aan die een wat na my kom" (Prediker 2:18b).



Salomo het iets uitgepluis. Ons kan niks met ons saamneem na die volgende lewe nie. Ons promosies, huise, toekennings, motors en vakansies bly agter. 



Wonder jy wat eintlik in die lewe saak maak? 



Salomo het 'n antwoord op daardie vraag gevind. Aan die einde van Prediker, som hy dit so op: "Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word" (Prediker 2:13).



Met die eerste oogopslag lyk dit dalk nie soos die mees inspirerende gedagte ooit nie, maar kyk weer. Salomo sê die dinge wat ons moet nastreef om in die lewe te bereik is om God te vrees — wat beteken om Hom lief te hê, Hom te respekteer en om te doen wat Hy vra.



Ons is gewoond aan die wêreld wat sê: "Hardloop! Moenie stop nie. Sien jy hierdie duur items? Sien jy hierdie toekennings? Duisende ander mense wil dit hê, maar moenie dat dit jou stop nie. Baklei daarvoor! Gaan nou! Wat anders doen jy met jou lewe? Die lewe is 'n wedstryd en net die beste sal slaag."



Die Woord van God sê egter: "Wees lief vir God. Doen goed aan ander." 



Dink na oor hoe toeganklik dit vir almal is. Ongeag of jy enkellopend of getroud is. Ryk of arm. Jonk of oud. Gesond of siek. Wees lief vir God en doen goed aan ander. 



Oordink: Wat sou jy vandag verander as jou enigste doel in elke situasie is om God lief te hê en goed te doen aan ander? Hoe sal jy hierdie doel bereik?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid