Leesplan inligting

Goddelike TydsbestuurVoorbeeld

Divine Time Management

DAG 4 VAN 6

Wees Lief vir God met jou Tyd 



God is 'n goeie Vader en deur die Bybel as gawe, gee Hy vir ons duidelike riglyne. Hy wil egter nie net vir ons 'n handleiding vir die lewe gee nie, ons straf as ons foute maak en ons dan sien wanneer ons in die hemel aankom nie. God het 'n diepe begeerte om met elke tree van die pad saam met ons op die reis te wees. Om God lief te hê is dus een van die beste maniere hoe om ons tyd aan te wend. 



Matteus 22:37-38 (NLV) sê: "Jesus se antwoord was: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.' Dit is die eerste en belangrikste opdrag."



Wat presies beteken dit dan om God met ons tyd lief te hê? Daar is baie maniere. Hier is egter 'n paar wat belangrik is: aanbidding, die Woord en gebed. 



Wanneer ons tyd maak om te aanbid óf dit nou in 'n groepsverband is, soos om kerk toe te gaan, óf op jou eie, soos om na lofprysing musiek te luister terwyl jy gaan stap, herinner ons onsself aan wie God is en wie ons in verhouding tot Hom is. Ons onthou sy almag en goedheid en word daaraan herinner hoe lief Hy ons het. Die kweek van beide respek en liefde, seën ons harte en God s'n. 



Psalm 27:4 (NLV) sê: "Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink." 



Ons kan ook ons liefde vir God bewys deur tyd in die Woord deur te bring. Deur die Bybel te lees, kry ons 'n dieper begrip van wie God is en ook wat Hy van ons wil hê. Dit is belangrik dat ons weet wat God van ons wil hê, want gehoorsaamheid aan Hom vorm deel van hoe ons met ons tydsgebruik ons liefde vir God openbaar. 



1 Johannes 5:2-3 (NLV) sê: "Hieraan weet ons dat ons moet aanhou om die kinders van God lief te hê: wanneer ons God liefhet en sy opdragte uitvoer. Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie," 



Die derde manier waarop ons God met ons tyd kan liefhê, is deur tyd vir gebed in te ruim. Gebed is een van my gunsteling aktiwiteite, ek bid dus op verskillende maniere. Soggens sal ek byvoorbeeld, my gedagtes met God deel deur in my dagboek te skryf wat op my hart is, waaroor ek besorg is en wat ek volgende moet doen. Ek het ook 'n daaglikse gebedslys van mense vir wie ek bid. Laastens praat ek regdeur die dag oor alles met God, van hoe ek 'n moeilike situasie by die werk moet benader tot om Hom te loof en prys vir iets wat goed afgeloop het. 



Wanneer ons God met ons tyd liefhet, kry ons 'n dieper ervaring van sy liefde vir ons. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Divine Time Management

Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd...

More

Baie dankie aan Elizabeth Grace Saunders wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.divinetimebook.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid