Leesplan inligting

Goddelike TydsbestuurVoorbeeld

Divine Time Management

DAG 2 VAN 6

Vertrou Jou Tyd Aan God Toe



Vertroue word beskryf as 'n "vaste geloof in die betroubaarheid, waarheid of vermoë van iets of iemand." Die woord word meer as 150 keer in die Bybel gebruik. Een van die hooftemas in die Bybel is vertroue in God. Toe die mense in die Bybel God vertrou het, het hulle sy beste ervaar. Dit was egter nie die geval wanneer hulle op iets anders as God vertrou het nie.



Jeremia 17:7-8 (NLV) beloof die volgende seëninge vir diegene wat op die Here vertrou: 



"Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou 



en hulle verwagting in Hom stel.



Hulle is soos bome wat langs 'n rivier staan.



Hulle wortels reik diep tot by die water.



Hitte bedreig hulle nie,



en hulle blare bly groen. 



Lang maande van droogte pla hulle ook nie.



Hulle hou nie op om vrugte te dra nie."



Presies hoe lyk dit dan om God met ons tyd te vertrou? As Christene dink ons dikwels daaraan om God se hulp met groot besluite te vra, soos watter werksaanbod om te aanvaar, waarheen om te verhuis of met wie om te trou. Ons vergeet egter dikwels om God te se leiding in elke besonderheid van ons daaglikse lewens te vra.



Hier is 'n paar maniere hoe ons, ons vertroue in God, die middelpunt van ons tydsbestuur kan maak:




  • Vereenvoudig jou skedule: Gaan deur al die aktiwiteite in jou lewe. Bid vir begrip waaraan jy meer of minder tyd moet wy. 

  • Belê in jou verhouding met God: Bring daagliks tyd in Bybelstudie en gebed deur as 'n manier om met jou hemelse Vader kontak te maak, en gee aan Hom al die laste wat jy dra. 

  • Rus in God: Beplan elke week 'n sabbatdag en rus ook ander tye as 'n daad van vertroue in God se sorgsaamheid. 

  • Laat vaar: Indien jy geneig is tot 'n oormatige gevoel van verantwoordelikheid vir ander mense, vra God se hulp om op sy liefde te vertrou vir die mense vir jy omgee. Indien jy meer taakgerig is, vra God se hulp om meer buigsaam en openhartig te wees sodat jy na ander se behoeftes kan omsien.


As Christene behoort ons gebruik van tyd en ons vrede met tyd, te bewys dat ons God, en nie onsself nie, met ons tydsbestuur vertrou. 





Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Divine Time Management

Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd...

More

Baie dankie aan Elizabeth Grace Saunders wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.divinetimebook.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid