Leesplan inligting

Goddelike TydsbestuurVoorbeeld

Divine Time Management

DAG 1 VAN 6

God se Doelwitte vir Ons Tydsbestuur



Sedert 2009, het ek 'n groot deel van my loopbaan as tydsbestuur-afrigter, daaraan bestee om mense die nodige vaardighede en denkwyses aan te leer om dinge gedoen te kry. Dit het die bepaling van prioriteite, beplanning en bestuur van take ingesluit. In 2015 het God my egter ernstig oortuig dat ek my geloof as Christen met my werk moet integreer. Dit het my op 'n reis geneem om die pad van "Goddelike tydsbestuur" te ontdek. Die begrip word in Psalm 46:11a (AFR53) opgesom: "Laat staan en weet Ek is God."



Goddelike tydsbestuur gaan nie net daaroor dat jy tyd vir Bybelstudie in jou daaglikse roetine inruim nie, maar ook oor 'n heel ander benadering tot jou denke oor tyd. 



God wil nie hê dat ons ons vermoë om onsself te beheer en ons lewens te bestuur moet verafgod nie. God begeer eerder dat ons Hom vertrou om die middelpunt te wees van alles wat ons doen. 



Psalm 127:1-2 (NLV) bemoedig ons soos volg:



"As die Here die huis nie bou nie, 



is die bouers se arbeid tevergeefs.



As die Here die stad nie beskerm nie, 



waak die wagter tevergeefs. 



Tevergeefs werk julle so hard, 



van vroegoggend tot laatnag, 



Maar vir hulle wat Hy liefhet, 



gee Hy dit in hulle slaap." 



Om hierdie kopskuif te maak, moet ons die verkeerde doelwitte vir tydsbestuur (wat so reg lyk), laat vaar en die regte doelwitte nastreef. 



Hier is 'n paar verkeerde doelwitte wat ons maklik aanvaar:




  • Beheer: Om te dink dat ons alles onder beheer het en nie God se hulp nodig het nie. 

  • Genot: 'n Behoefte om meestal so goed as moontlik te voel. 

  • Prestasie: Om alleenlik daarop te fokus om dinge gedoen te kry. 

  • Om die beste ____ te wees: Om tot die uiterste daar te wees vir mense, sodat ons eiewaarde kan verkry. 


Klink enige van hierdie verkeerde doelwitte bekend? Ek weet dat ek al meer gereeld in hierdie wêreldse doelwitte verval het as wat ek wil erken. Die goeie nuus is egter dat ons na God kan terugkeer, sy vergifnis vra en ons harte lei na sy begeertes vir ons tydsbestuur. 



Dit is so eenvoudig as om net te sê: "Vader, ek is jammer oor my [verkeerde doelwit]. Help my asseblief om u doelwitte vir my tyd te verstaan en om my vertroue in U te stel as die middelpunt van tydsgebruik." 



Jakobus 4:13-16 (NLV) waarsku ons dat dit noodsaaklik is om te besef dat God die Here van ons tyd is:



"Kom nou, julle wat sê: 'Vandag of more sal ons na dié stad en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.' Julle weet nie eers wat die lewe more vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis — dis vir 'n rukkie sigbaar en dan is dit weer weg. Julle moet eerder sê: 'As die Here dit so beskik, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.' Maar nou is julle arrogant en spog julle. Al sulke grootpratery is verkeerd." 



Kom ons vertrou vandag op God vir ons tydsbestuur, nie op onsself nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Divine Time Management

Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd...

More

Baie dankie aan Elizabeth Grace Saunders wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.divinetimebook.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid