Leesplan inligting

40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld

40 Daily Devotionals for Lent

DAG 6 VAN 40

'n Lewe van Oorgawe



Weeklikse Oorsig:



Hoekom behoort ons tyd alleen met God deur te bring? Hoekom is dit so belangrik om God op 'n afgesonderde plek te ontmoet? Voordat ons nie 'n begrip van die onmeetbare waarde en beskikbaarheid van 'n ontmoeting met God het nie, sal ons nooit op 'n gereelde basis hierdie fundamentele, noodsaaklike praktyk beoefen nie. Soos ons gaandeweg ontdek dat dit God se begeerte is om ons te ontmoet sodat ons die diepte van sy liefde kan ervaar, bid ek dat jou lewe gekenmerk sal word deur 'n nuwe genade om die lewende God op 'n gereelde basis en op 'n kragtige manier te ontmoet.



Skrifgedeelte: “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie” Matteus 7:13-14.



Oordenking:



Daar is 'n lewe vir gelowiges beskikbaar, maar min vind dit — 'n lewe sonder laste, vrese, verveling en nutteloosheid. Die probleem is dat die pad na die lewe ‘n algehele opoffering van onsself vereis. Die pad na ‘n doel, passie, vreugde en vryheid vereis dat ons elke uur van elke dag aan onsself sterf. Jesus het die pad na vryheid vir ons voorberei en oopgemaak. Die Skrif dien as ‘n volmaakte praktiese handboek om op daardie smal pad te loop. Die Heilige Gees dien as die volmaakte gids en vriend terwyl ons op pad is. Ons het alles wat ons nodig het tot ons beskikking. Die meeste van ons het egter ‘n gebrek aan bereidwilligheid om ‘n volkome oorgawe te maak sodat die saad van ons oorgawe tot die vrug van ‘n oorvloedige lewe kan lei. 



Jesus dring daarop aan dat ons ons lewens verloor om ‘n lewe saam met God te verkry. In Matteus 10:39 sê Hy: “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” Die enigste manier vir jou om werklik 'n oorvloedige lewe in God te vind, is om jou lewe ter wille van Hom oor te gee. Trouens, die hele skepping getuig van hierdie waarheid. Dink vir ‘n oomblik aan hulle wat probeer om hulle lewe op hul eie te vind in plaas van in God. Mense het 'n onversadigbare verlange na toegeneentheid, doelgerigtheid, sekuriteit en liefde. Dit maak nie saak hoe geliefd 'n persoon in die samelewing is nie, dit is nooit genoeg nie. Dit maak nie saak hoeveel geld ‘n persoon verdien nie, hy kan altyd nog ‘n bietjie meer verdien. Dit maak nie saak hoe gedrewe ‘n persoon is nie, daar is altyd meer wat hy kan doen. Ons is verlore sonder God.



Wanneer ek na hierdie mense kyk, wil ek my eie lewe evalueer en soek na terreine wat ek nog nie aan God oorgegee het nie. Wanneer ek dink aan hulle onversadigbare verlange na méér, laat dit my aan my eie verlangens dink. My lewe moet ‘n doel hê. Ek moet liefgehê word, vryheid hê en tevrede voel. Ek ervaar tevredenheid slegs in soverre ek my lewe aan God oorgegee het. God sal nie die dele vul wat vir Hom toegesluit is nie. Hy forseer nie sy wil op ons af nie. Hy wag eerder geduldig en nooi ons op ‘n rustige manier uit om ons lewens te verloor sodat Hy vir ons ‘n lewe kan gee — wat beter is as wat ons ooit kan dink — en met sy goedheid gevul is.



Ons Vader wil graag hê dat ons ten volle liefgehê word. Hy smag daarna dat ons heeltemal veilig moet wees deur Hom te vertrou. Hy verlang dat ons volkome tevrede sal wees. Sal jy vandag op sy roepstem reageer? Sal jy kies om Hom te vertrou? Hy is getrou — baie getrouer as wat jy ooit sal weet. Jy kan nie al die maniere tel waarop Hy jou liefhet nie. Die ontsaglike diepte van sy liefde is onmeetbaar. Sal jy jou lewe deurbring om daarna te soek? Spreuke 25:2 sê: “Die eer van God lê in wat Hy verborge hou; konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring.” Sal jy vandag die diepte van God se liefde soek? Sal jy soveel plek as moontlik vir Hom in jou hart maak om daar te kom woon? Sal jy vandag jou lewe verloor sodat jy dit in Hom kan vind? Die weg is smal. Dit sal werk kos. Dit sal opoffering kos. Dit sal alles kos. Jy sal egter baie meer inruil daarvoor kry. 



Luister vandag na die Heilige Gees terwyl jy die begeleide gebed doen en reageer op enige manier wat Hy jou lei.



Begeleide Gebed:



1. Verpoos ‘n oomblik om jou hart en gedagtes tot bedaring te bring. Maak jou hande oop as ‘n teken dat jy gereed is om enigiets te ontvang wat God vir jou wil wys.



“Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou” Sefanja 3:17.



2. Vra die Here om vir jou enigiets in jou lewe te wys wat buite sy wil is. Gee aandag aan enigiets wat in jou gedagtes opkom. Dit kan ‘n persoon, plek, voorwerp, gewoonte of herhalende gedagte, of enigiets anders wees.



3. Gee enigiets in jou lewe oor wat nie God se wil vir jou is nie. Bely enige sonde wat jou terughou van die volheid van die lewe wat in Jesus tot jou beskikking is. Vra God se wysheid hoe om 'n verhouding of 'n verbintenis te beëindig. Vra sy genade en hulp om enige verhoudings te herstel wat Hy wil genees. Gee jou hele hart oor sodat jy vandag ten volle Syne sal wees. 



“Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” 1 Petrus 5:6-7.



Jy kan slegs die vrug van die Gees ervaar deur dit wat uit die Gees gebore is. God kan nie sonde en selfsug seën nie, want dit is nie goed vir jou nie. Indien God iets sou seën wat nie die beste vir jou is nie, sal jy aanhou om dit te doen! Indien ‘n liefdesverhouding nie geseënd is nie, as dit nie uit die Gees gebore is nie, moet jy dit beëindig. As ‘n vriend jou weglei van God af in plaas van na God toe, hou op om saam met hom of haar te kuier. Indien ‘n leefstylkeuse wat jy maak jou nie die vrede van God gee nie, hou daarmee op. Dit lyk of oorgawe op daardie tydstip so baie kos, maar dit sal die beste besluit wees wat jy ooit kan neem. Loop op die smal weg wat God vir jou voorberei het. Leef ‘n lewe wat reageer op die Gees van God en sy Woord. Die lewe wat jy in God vind, sal onmeetbaar groter wees as enige lewe wat jy op jou eie kan vind.



Verdere Leeswerk: Matteus 7


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

40 Daily Devotionals for Lent

Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 d...

More

Ons wil "First15" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://first15.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid