Leesplan inligting

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en SielVoorbeeld

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

DAG 2 VAN 14

Dag 2: Goed

Minimalisme maak nogal 'n terugkeer. Van die klein-huis beweging tot “Real Simple” tydskrif tot “The Minimalists” potgooi (byskrif: “Minder is nou!”) en "Tidying Up" met Marie Kondo, blyk dit dat ek nie die enigste een was wat siek was van my goed wat my lewe bestuur het nie ...


In Goed Vertrou Ons?

Ons vertroue kan nie in goedere wees nie. 


Ons veiligheid en sekuriteit mag nie daarin gewortel wees nie. Hulle kan nie en sal nie hou nie. Om elke deeltjie van ons kinders se kunswerke te bewaar, sal hulle nie jonk hou nie. Om seker te maak dat ons die beste meubels het, sal nie ons huwelik versterk nie. Om die nuutste kombuis toestel te koop, sal ons nie help om ons naaste beter lief te hê nie. (Tensy daardie toestel 'n self-reinigende kombuis robot is, in welke geval ek ingetel kan word.) 


Motors, huise, speelgoed, klere — hulle roes, verouder, breek en gaan uit styl. “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar”, sê Jesus vir die skare wat Hom die berg op gevolg het. “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”


God is immers nie 'n God van dinge nie. Hy het baie min belangstelling in ons besittings, behalwe om ons daaraan te herinner dat dit nooit ons grootste bekommernis mag wees nie. In plaas daarvan sorg Hy vir ons — liggaam, verstand en siel — en wys ons daarop om vir ons naaste om te gee. Hoe minder goed ek moet bestuur, hoe meer kan ek dit regkry.


Nadenke/Besprekingsvrae

  1. Watter area van jou huis is die deurmekaarste? Hoe speel jou emosies 'n rol om goedere te behou wat jy nie nodig het nie?
  2. Barbara Cawthorne Crafton het geskryf in Bread and Wine: “Ons swoeg. Ons is oorlaai. Verfris ons, O hawelose, werklose, besitlose Verlosser. U het naak gekom, en naak het U gegaan. En so is dit vir ons. So is dit vir ons almal.” Watter betekenis het dit vir ons dat ons 'n Verlosser volg wat geen aardse tuiste of besittings gehad het nie? Wat wil God dalk vir ons deur hierdie voorbeeld leer?
  3. Lees Matteus 6:19-21. Hoe kan ons skatte in die hemel bymekaar maak? Hoe lei die bymekaarmaak van skatte hier op aarde ons aandag af van blywende skatte? Wat is een aardse skat wat jou aandag van ewige dinge aflei?
  4. Sukkel jy om ontslae te raak van dinge wat jy nie gereeld gebruik nie "net vir ingeval" jy dit later nodig het? Seën of belas hierdie "net vir ingeval" items jou?
  5. Pas jou goed in jou ruimte? Pas dit by jou behoeftes en die behoeftes van diegene wat jou ruimte deel? Indien nie, wat is een wesenlike stap wat jy hierdie week kan neem om fisieke rommel uit te skakel?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe v...

More

Ons wil graag Rose Publishing en Courtney Ellis bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.hendricksonrose.com/uncluttered

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid