Leesplan inligting

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en SielVoorbeeld

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

DAG 4 VAN 14

Dag 4: Nuwe Goed — Stop (Inkopies) en Rol

Dit is nie dat inkopies op sigself sleg is nie. Inkopies is grootliks neutraal, en die begeerte na nuwe dinge is in die DNS van ons menslike wesens geskryf. Dit is een van die redes waarom God se belofte in Die Openbaring boek dat Hy eendag "alles nuut" sal maak, so diep aanloklik is — dit is wat ons wil hê. 


Om na nuutheid te smag is nie verkeerd nie. Dit is wanneer hierdie begeerte ons begin weerhou van die eervolle doelwitte waarvoor God ons ontwerp het — aanbidding, samehorigheid, broederskap, deugsaamheid — dat dit 'n netto negatief op beide ons bankrekening en ons siel word.


Geniet die Fynere Dinge

"Sherbet" is ‘n lekkerny wat binne 'n sekonde afgesluk kan word; 'n heerlike maaltyd moet egter stadig geniet word. Om God se geneesmiddel vir verslawende inkopie gewoontes te begin vind, het ek stadigaan klein happies van meer blywende plesier begin neem. Oefening voed, so ek en Daryl het in 'n roei masjien belê. Vriendskappe voed, so ek het een aand elke paar weke as "vriendin"-aand bepaal en saam met vriende oud en nuut gaan stap. Musiek voed, so ek het begin leer om by die klavier te sit of die kitaar op te tel eerder as om by 'n aanlyn inkopie-webwerf aan te meld.


Deesdae wanneer ek in die versoeking kom om op 'n onnodige inkopietog te gaan, probeer ek die wyse woorde van CS Lewis uit sy klassieke boek “Mere Christianity” onthou: “As ons onsself bevind met 'n begeerte wat niks in hierdie wêreld kan bevredig nie, is die mees waarskynlike verduideliking dat ons vir 'n ander wêreld gemaak is.” My kaste en my siel bedank my. Miskien sal joune ook.


Nadenke/Besprekingsvrae

  1. Hoekom hunker ons na nuwe dinge? Lees Die Openbaring 21:5. Hoe sluit ons begeerte na nuutheid aan by God se belofte dat Hy eendag alles nuut sal maak? Op watter manier is inkopies vir nuwe dinge wat ons nie nodig het nie, gewortel in 'n goeie begeerte?
  2. Lees Jesaja 55:1-2. Jesaja waarsku daarteen om ons geld en arbeid te bestee aan dit wat ons nooit tevrede kan stel nie. Watter kortstondige genot versoek jou wanneer dit by inkopies kom? Beskryf 'n tyd waar jy toegegee het aan 'n impulsiewe aankoop of iets gekoop het om 'n gevoel eerder as 'n tasbare behoefte te versadig.
  3. Courtney skryf van die belê in betekenisvolle, reëlmatige, meer heilsame plesier — oefen, tyd saam met vriende, kitaarspel. Beskryf rustige, betekenisvolle plesier wat aanloklik is vir jou. Wat is een manier waarop jy jouself met meer blywende voeding kan voed as jy volgende keer in die versoeking kom om metaforiese gemorskos te koop — iets wat jy nie nodig het nie?
  4. Courtney skryf: "Om in meer betekenisvolle dinge te belê, het my ook vernuwe." Waar kort jou lewe diepte? Hoe nooi God jou dalk uit om in dieper dinge te belê?
  5. Sal jy dit ooit oorweeg om 'n totale blaaskans te neem van inkopies vir nie-noodsaaklikhede, soos Courtney gedoen het? Hoekom of hoekom nie? As jy 'n breek wil neem, besluit op 'n begindatum en 'n tydsduur.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe v...

More

Ons wil graag Rose Publishing en Courtney Ellis bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.hendricksonrose.com/uncluttered

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid