Leesplan inligting

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en SielVoorbeeld

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

DAG 5 VAN 14

Dag 5: Tegnologie 

Toegang tot inligting. "GPS". Prima aflewering. Verslawing aan sosiale media. Die digitale era is 'n gemengde seën.


Ons kyk na ons fone in plaas van ons vriende; ons vergeet van tydsverloop tydens laataand-websoektogte; Ons leef vir die onmiddellike bevrediging van “likes” en volgelinge.


“Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees," skryf Paulus. "Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie" Galasiërs 5:1. Paulus se woorde verwys in die eerste plek na die grense van wettisisme en die wet wat die kerk in Galasië gesukkel het om te laat vaar, maar dit geld sekerlik ook vir die slawerny van die digitale wêreld. As Christus gesterf het om ons vry te maak, dan moet ons nie toelaat dat enigiets ons sy slaaf maak nie.


Losmaak van die Foon

Ek het nie heeltemal van 'n slimfoon ontslae geraak nie — in plaas daarvan het ek absoluut alles wat ek kon van my foon verwyder. Dit is nou net 'n telefoon, 'n SMS-toestel, 'n "GPS", 'n kamera en 'n Bybel. My instellings is verander en met ‘n wagwoord beskerm ('n wagwoord wat ek my man gevra het om vir my te stel en te hou) sodat ek nie meer internettoegang het nie. Ek het al my speletjies, Facebook, Instagram, mobiele e-pos, Snapchat en Twitter verwyder.


Dit gaan nie daaroor om tegnologie prys te gee nie. Dit gaan daaroor om ons siele te bevry sodat ons die meeste kan pers uit hierdie een lewe wat ons gegee word. Dit gaan oor minder kennisgewing geluide en meer praat en luister. Dit gaan oor ruimte vir familie en vriende, en vrede en rus en genade.


Nadenke/Besprekingsvrae  

  1. “Daar is altyd meer, so hoekom sal enigeen van ons tevrede wees met minder?” Wat is die wysheid om minder te kies as daar 'n hele wêreld van vermaak, inligting en konneksie is?
  2. Wat is 'n paar nadele daaraan verbonde om konstante toegang tot die digitale wêreld te hê?
  3. Lees Johannes 10:10. Hoe kan digitale tegnologie as 'n dief funksioneer? Hoeveel minute per dag steel jou slimfoon? Hoe laat hierdie gesteelde minute jou voel? Op watter maniere trek tegnologie jou weg van die oorvloedige lewe waarvan Jesus in hierdie gedeelte praat? 
  4. Om op ons eie wilskrag of selfgemaakte reëls te vertrou om goeie digitale grense te behou, klink na 'n goeie idee, maar is eintlik een manier om vinnig te misluk. Om op wilskrag alleen te steun, sal nooit werk nie. Is dit vir jou 'n bevrydende besef, of 'n skrikwekkende een? Watter oplossing stel sy eerder voor?
  5. Hoe kan jy toepassings op jou digitale toestelle verander, aanpas of uitvee om vir jou ingeboude voorsorgmaatreëls teen te veel digitale rommel te gee? (Onthou: reëls en wilskrag werk byna nooit lank nie!) Is daar iemand wat dalk 'n "wagwoordhouer" vir jou kan wees as nog 'n verdere hulpmiddel? Nadat jy vandag in gebed geëindig het, kontak hulle om te vra of hulle jou hierdie ondersteuning sal bied om jou nuwe digitale grense te help handhaaf.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe v...

More

Ons wil graag Rose Publishing en Courtney Ellis bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.hendricksonrose.com/uncluttered

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid