Leesplan inligting

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en SielVoorbeeld

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

DAG 1 VAN 14

Dag 1: Inleiding tot Opruiming


Wanorde? Watter Wanorde?   


Ek het al my wakkerbly ure vasgenael aan my slimfoon deurgebring. My werk-grense het nie bestaan nie, en dikwels sou 'n inloer op die laaste oomblik voor slapenstyd, 'n gebroke nag se slaap oplewer. Die voltooiing van sy doktorale studie het my man eufories gelaat, maar ook uitgeput. Dit was ‘n lang pad. Hy het gesoek vir doktorale-werkgeleenthede, sy CV opdateer en getob oor sy kanse om die perfekte werk te kry. 



Vraestelle om te merk, eindelose skottelgoed om te was, oorlaaide kalenders. Ons lewens was chaoties.



Toe ... stop ons.



Nie alles nie, en nie alles tegelyk nie, maar baie daarvan. Die meeste daarvan.



Ons het ernstige gesprekke gehad en baie tyd op ons knieë deurgebring. Ons het met God en soms met mekaar baklei, want dit is moeilik om dinge prys te gee. Ons het media-intekeninge gekanselleer en ons e-posse verminder. Ons het opgehou om onsself toe te laat om deur die vier-en-twintig uur nuusflitse verteer te word. Ons het ons motorhuis, ons muurkaste, ons kombuiskaste, en ons laaie skoongemaak.



Ons het baie nee gesê. Nee, dankie. Nee, regtig. Nee, nie vandag nie, nie môre nie, nie nou nie, nooit nie. Ons het ons etes, klerekaste en skedules vereenvoudig. Ons het onsself net tien minute se sinnelose internet-swerwing per dag gegee, en toe vyf. Ons het toepassings van ons fone verwyder. Eers elke sosiale media-toepassing, en toe byna al die ander (meer daaroor later). 



Die Genade van Minder


Stadig maar seker het die wonderlikste ding begin gebeur. Ons het begin leer wat werklik noodsaaklik is en wat nie, en met elke nie-noodsaaklike ding wat ons laat gaan het, het ons harte kalmer, stiller, meer oop en vreugdevol geword. Ons siele het ligter geword. Ons verhoudinge het dieper gegroei. En elke keer as God ons hande weggetrek het van die dinge waaraan ons vasgeklou het, het Hy dit opnuut met meer van Homself gevul.



Ons doel was om eenvoud te vind — nie net vanweë die diep wortels daarvan in die Skrif nie, maar omdat ons onsself weer wou vind. Dit blyk dat God elkeen van ons geskep en gevorm het vir lewens van vrygewige eenvoud; ons hoef Hom net in te nooi om ons te help om van ons chaos sin te maak. Met verloop van tyd het die vraag vir ons verander van "Hoe kan ons oorleef?" na "Hoe kan ons God toelaat om ons lewens te reël, sodat ons die soort mense word wat God ons geskep het om te wees?" 



Die antwoord is Opgeruim.



Nadenke/Besprekingsvrae



  1. Courtney beskryf hoe sy oorweldig is deur die "te veelheid" van haar lewe. Wat voel vandag soos "te veel" in jou lewe?

  2. Sukkel jy die meeste met die wanorde wat uit besittings, oorlaaide skedules of digitale toestelle kom? Beskryf hoe daardie wanorde jou gemiddelde dag of week beïnvloed. Wat daarvan is vir jou die oorweldigendste?

  3. Kan jy een of twee dinge noem wat jy dalk moet ophou doen, om te koop, aan te meld op sosiale media, ens., sodat jy beter van God kan hoor?

  4. Hoe voel eenvoud vir jou? Wat maak eenvoud 'n Christelike deug, en hoe verskil dit van die meer sekulêre konsep van minimalisme?

  5. Lees Johannes 10:10–11. Wat steel van jou? Wat wil die goeie herder eerder vir jou hê?


Kom meer te wete oor die ordelike-reis met die Uncluttered-boek.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Uncluttered - Free Your Space, Schedule, and Soul

Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe v...

More

Ons wil graag Rose Publishing en Courtney Ellis bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.hendricksonrose.com/uncluttered

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid