Leesplan inligting

GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

DAG 4 VAN 5

DAG 4: Hoe verwesenlik ek my doelwitte sonder om God se wil teë te gaan? 



Jy staan by die wegspringplek, jy wil God-geleide doelwitte najaag, maar ... jy is bang. Jy is bang om tot aksie oor te gaan en so gefokus te raak om die doelwitte te behaal dat jy God in die proses opsy skuif. Hoe hou jy terselfdertyd jou fokus op God én bereik jou doelwitte?



Eerstens: Die regte doelwitte sal jou op die Here se paaie en volgens sy wil lei, nie weg van Hom af nie. 



Tweedens: Jy gaan nie ’n doelwit stel en verwag dit gaan self realiseer nie. God verwag dat jy elke tree van die pad aan Hom verbind bly en Hy sal jou lei. Hy is die uiteindelike doel. Deur die doeleindes te volg wat Hy vir ons het, is soos om ’n kaart te volg wat Hy geskep het. Hy ken die pad. 



Net soos met ’n lang reis, moet jy die kaart dophou ten einde te verseker dat jy in die regte rigting beweeg. Sou jy sig van die reisplan verloor, mag jy jou op ’n onbekende pad bevind. Tel net weer die plan op om terug op die spoor te kom! God is nie bekommerd of jy perfekte vordering toon met ’n doelwit nie; Hy wil jou hart hê. Indien jy God tree-vir-tree soek, gebed-vir-gebed, oomblik-vir-oomblik, sal jy op die regte pad bly. Verbintenis met God sal jou in lyn met Hom hou.



Bid saam: Here, ek is bang om ’n pad te begin stap wat nie u pad is nie. Gee my asseblief ’n gesindheid deur u Gees, nie van lafhartigheid nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7). Dankie vir die kaart — u Woord — en vir die vermoë om direk tot U te bid! Help my asseblief om gefokus te bly op U as my doelwit in plaas daarvan om die goedkeuring van ander, toekennings of die genot van bloot iets van ’n lysie af te merk, na te jaag. Ek wil hard werk vir U, vir die regte redes. Dankie vir u leiding en dat U my op u pad hou! In die naam van Jesus, amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

Is dit goed as 'n Christen doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan sal jy dieper delf in die Woord en duidelike rig...

More

Baie dankie aan "Cultivate What Matters" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://www.cultivatewhatmatters.com/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid