Leesplan inligting

GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

DAG 2 VAN 5

DAG 2: Hoe weet jy of ’n doelwit vanaf God of vanuit jouself is?



Jy begin verstaan: sonder doelwitte dwaal jy doelloos rond in die lewe. God-geleide doelwitte is goed. En tog! Hoe weet jy of doelwitte vanaf God of vanuit jouself kom? Hoe herken jy die verskil? Jy is bang jy kies die verkeerde doelwitte!



Weet jy wat so wonderlik is van God? Baie dinge, maar veral dat Hy saam met jou deur die lewe stap. Wanneer jy verlore voel in jou doel en doelwitte, of nie weet watter pad om te kies nie, wil Hy graag hê dat jy Hom moet vra vir hulp — en Hy gee dit met liefde! Jakobus sê: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt” (Jakobus 1:5). 



Onseker of jou planne ’n goeie doelwit is?



Doen ’n klein oefening:




  • Maak die Woord oop en soek vir spesifieke Skrifgedeeltes en stories in die Bybel wat die doelwit wat jy in gedagte het, aanspreek. Is jou doelwit Bybels? Is daar spesifieke Skrifgedeeltes wat dit bevestig? “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek” (2 Timoteus 3:16).

  • Vra vir God! Bid en vra God om jou die weg te wys wat Hy wil hê jy moet volg. “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou” (Psalm 32:8).

  • Vra betroubare vriende of Godvresende mentors vir leiding. “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is” (Spreuke 15:22).


Onthou, daar is nie ’n een-grootte-pas-almal towerformule om doelwitte te bepaal nie, net God self. Indien die antwoorde steeds onduidelik is, moenie moed opgee nie! Dit mag deel wees van die proses waardeur Hy jou wil laat gaan. In die wagtyd word ons verfyn en voorberei op wat volg. Wag op sy wysheid en Hy sal dit aan jou skenk in sy perfekte tydsberekening!



Bid: Here, dankie vir u Woord! Ek is so dankbaar vir u duidelike leiding en wysheid. Help my asseblief om te onderskei tussen doelwitte gebore uit my liefde vir U in teenstelling met iets anders. Help my om u stem te ken, u leiding te vertrou en U bo alles te soek. In die Naam van Jesus, amen!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

Is dit goed as 'n Christen doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan sal jy dieper delf in die Woord en duidelike rig...

More

Baie dankie aan "Cultivate What Matters" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://www.cultivatewhatmatters.com/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid