Leesplan inligting

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den BergVoorbeeld

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

DAG 5 VAN 5

Hoe vind verandering plaas?


Hartsverandering word vir ander en vir jou sigbaar deur jou gedrag. En jou gedrag weerspieël jou hartsoortuiging. Hierdie verandering ervaar jy van die buitenste tot die diepste dele van die self. Jou hartsverandering en nuwe begrip sal al meer in jou dade te voorskyn kom, hoe meer jy God se hart leer ken. Jy sal goeie vrug begin dra. Bietjie vir bietjie. Hierdie nuwe ontdekkings en die vreugde wat daarmee gepaardgaan, sal ’n ewigheid aanhou.


Die belangrikste keuse van jou lewe is: Wil jy vir God ken? Indien jy Hom wil leer ken, moet jy doelgerig en vol afwagting na Hom kyk totdat jy Hom regtig sien. Wie Hy werklik is. Binne jou wêreld.


Wanneer jy aanhou om jou oog op Hom gevestig te hou, vergroot jou vertroue in Hom. Hy is die Een wat jou in staat stel tot ’n nuwe lewe. Jou hoop is op Hom.


Jou kyk skep ruimte vir sy lig in jou lewe. Sy waarheid word dan na binne verwelkom en deur jou brein en die res van jou self geakkommodeer. Sodoende word jou denke vernuwe en jou waarheid (oortuigings) word vervang met sy waarheid. 


Om hierdie waarheid te herken, te verwelkom en toe te pas, vorm die drieslagritme van vorentoe beweeg. Jy dans nie meer vol vrees op eiers nie. Jou oorwinningsdans is soos Dawid se uitbundige vreugde toe hy “met alle mag” voor die aangesig van die Here gedans het (sien 2 Samuel 6:14).

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is geba...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Gerdi van den Berg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-verander-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid