Leesplan inligting

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den BergVoorbeeld

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

DAG 4 VAN 5

Behoeftebekers


Ons weet instinktief dat dit van groot belang is om reeds binne die baarmoeder en wieg onvoorwaardelike aanvaarding te beleef. Dit is asof ons met ’n klomp bekers in die wêreld arriveer. Die bekers is leeg en moet deur ons primêre versorgers vol gemaak word. Hulle moet uit hul eie oorvloed ons behoeftebekers vol maak. 


Ons het nodig om te hoor dat ons waardig genoeg is net omdat ons is. Ongelukkig het ons primêre versorgers dikwels self nie vol bekers nie en probeer hulle so desperaat om hul eie bekers vol te kry dat hulle nie energie oorhet om ander s’n vol te maak nie. 


Jou Skeppergod, die Bron van alle lewe, het sy asem in jou geblaas. Hy het jou lewe gegee en Hy het van sy skepping gesê dat dit goed is. Dit op sigself is genoeg om ons waardig te maak. Dawid was iemand wie se lewe nie maklik was nie, maar hy het geweet na Wie toe om te gaan wanneer hy probleme het. Hy was in die dal van doodskaduwee, maar kon nogtans sing: “U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Ps. 23:5). Dawid het verstaan hoe afhanklik hy van God is, en dat God hom nooit in die steek sou laat nie. Hy kon in elke omstandigheid op God vertrou. 


Vertroue op God stel ons in staat om Hom te gehoorsaam, aan Hom onderdanig te wees. Só kan ons in lyn kom met God se bedoelings met ons en sy voorsiening. Dit vergroot weer ons vermoë om sy waarheid te ontvang. 


Hy vervul elke behoefte wat ons het. Sy onvoorwaardelike liefde kan selfs die kleinste behoeftebekertjie wat ons het tot oorlopens toe vol maak. Hy is genoeg. Meer as genoeg. Hy is El Shaddai, God die Almagtige. Hierdie diepe versekering versterk ons wanneer ons besef dat Hy ons voortdurend sal vol maak. Dit hoef nooit op te hou nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is geba...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Gerdi van den Berg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-verander-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid